Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tinkerbell

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Broekhuizen 3, Rouxville, 9958, Vrystaat
  • Vanaf R2 000 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Tinkerbell is in Rouxville op die N6 tussen Aliwal-Noord en Smithfield geleë waar die grense van die Vrystaat, die Oos-Kaap en Lesotho mekaar ontmoet. Dit is die ideale oornagplek vir reisigers, maar besoekers kan ook 'n blaaskans hier neem en kennis maak met 'n dorpie uit 'n vervloë era.

Hierdie lieflike losstaande Victoriaanse huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers waarvan 1 en suite is. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n dagbed in die sitarea. Die ruim sitkamer het fantastiese hoë plafonne om jou koel te hou in die somer en daar is 'n knus kaggel om die winterkoue te verdryf.

Die huis het ook 'n speletjieskamer met 'n pooltafel en 'n kombuis met 'n oond, mikrogolfoond en 'n yskas met 'n klein vrieskassie. Tinkerbell is volledig toegerus en ons voorsien al die nodige linne en handdoeke om gemaklike verblyf te verseker.

Daar is ook LED-ligte en 'n klein gasplaat vir beurtkrag. 'n Ingeboude braai is beskikbaar en hout word voorsien.

Die agtertuin het 'n lae muur met oorgenoeg parkeerplek. Troeteldiere is ook meer as welkom.

Gaste kan rustig op die stoep sit en na die sterre tuur saans of die asemrowende sonsondergange waardeer.

Rouxville is die suidelikste dorp in die Vrystaat en is op die Maloti-roete geleë, na aan die Lesotho-berge.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

2 x Kinderbank vir 1

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Baie goed

Netheid
4.7
Ligging
3.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

celeste Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 26

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Broekhuizen 3, Rouxville, 9958, Vrystaat
  • Gaste dink Tinkerbell het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Broekhuizen 3, Rouxville, 9958, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnHcmUOqKGkdWbhDa8yFU9i1aKQsURns4GGD4reNujYb1HCoQck?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 8 mense 11 5 1 5 3 Broekhuizen Rouxville 9958 Vrystaat 021 201 8901 15:00-23:00 09:00 -30.415945074645 26.83658287368

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang