TO Strand Vakansieoord
- Kapasiteit: 1123 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bournemouth-laan 1299, Ivy Beach, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Vanaf R318 per nag (plek vir 6)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
TO Strand Vakansieoord bied gaste 'n keuse van selfsorg-eenhede en kampeerplekke in Port Edward.
Gaste kan 4- of 5-slaap-chalets bespreek wat met dubbelbeddens of 'n kombinasie van dubbel- en enkelbeddens ingerig is. Elkeen van die eenhede het ook 'n privaat badkamer. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas, 'n mikrogolfoond asook 'n stoof en oond. Elkeen van die chalets het ook 'n TV met 10 DStv-kanale. Alle eenhede het privaat ingange, en sommige van die eenhede het lugversorging.
Gaste kan ook 'n karavaan en kampeerplek bespreek, waarvan sommige naby die rivier en die ander naby die strand geleë is. 2 Ablusieblokke word tussen die kampeerplekke gedeel.
Die oord bied staproetes, minigholf, 2 swembaddens en 'n speelarea vir kinders. Gedurende die vakansieseisoene is vermaak vir die gesinne beskikbaar. 'n Konferensiesentrum, 'n restaurant, saal en trou-venue is ook beskikbaar. Neem asseblief kennis dat die restaurant en kroeg onderhewig is aan beskikbaarheid en die gebruik daarvan moet vooraf gereël word.
Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie, behalwe gids- en terapeutiese honde. Die oord word gepatrolleer deur 24-uur wagte sowel as die SAPD.
Die strand is semi-privaat en haainette is in plek in spitsseisoene. Lewensredders is ook oor naweke en in die spitsseisoen aan diens. Die jaarlikse sardienloop trek ook baie vissermanne.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
- Videospeler
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Cindy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 32
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Bournemouth-laan 1299, Ivy Beach, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Gaste dink TO Strand Vakansieoord het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Ivy Beach Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 1123 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Bournemouth-laan 1299, Ivy Beach, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang