Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Toad Tree Cabins

  • Kapasiteit: 49 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Triton-pad, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R450 R300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Toad Tree Cabins is geleë in die Afrika-bosveld in Sodwanabaai en voorsien gerieflike selfsorg en suite-verblyf vir 'n romantiese-wegbreek en gesinsvakansies. By Toad Tree Cabins maak gaste kennis met die gees van Afrika.

Daar is 2, 4, 6, 8 en 10-slaapkamer, gerieflike, volledig toegeruste kothuise met privaat braaie en kampvure. Die twee- en drieslaapkamer-eenhede deel 'n kombuis, woonkamer in die boma en al die eenhede het hul eie badkamers met warm en koue water en word daagliks skoongemaak. Verder is daar kragpunte, waaiers, elektroniese muskietweerders en linne. Die WiFi is gratis vir die eerste halfuur, en is slegs in 'n aangewese area beskikbaar.

Staan verstom voor die wonderskone Afrika-sonsondergange met 'n skemerkelkie in die hand langs die swembad, ruil stories uit langs die kampvuur en kyk hoe die vuurvliegievonke in die donker spat, luister na die gesis van vleis op die vuur, 'n stomp wat verskuif word tussen die vlamme of die klank van 'n Afrika-drom in die verte.

Ons is in die hartjie van Zululand geleë, 'n duik- en kulturele paradys met goue strande, vrugbare moeraswoude, welige vleilande, beskermde fauna en flora, en dolfyne wat in die branders baljaar. Kyk hoe die boggelrugwalvisse naby aan die kuslyn hul spring en spuit, ontmoet Afrika se pragtige wild eerstehands - van statige olifante tot fassinerende miskruiers.

Toad Tree Cabins is net 'n paar uur se ry van die volgende wêreldbekende Groot 5 Wildreservate af: Mkhuze, Ndumu, Phinda, Tembe Olifantpark en Hluhluwe/Umfolozi. Mkhuze Wildreservaat huisves groot hoeveelhede bokke, bedreigde njalas, 'n paar jagluiperds, wildehonde, leeus en olifante, en is net 30 km van Toad Tree Cabins af. Die voëllewe in die omgewing is oorvloedig en die beste in die land - 420 voëlspesies maak dit ongetwyfeld 'n voëlkykparadys. Pelikane, flaminke en geelbekooievare kom ook hier voor.

Sluit by Toad Tree Cabins aan vir 'n unieke, interaktiewe skuba-ervaring tussen die wonderlike onderwaterdiertjies in Sodwana. Die asemrowende natuurprag van die onderwaterlewe in die grotte, oorhange en pragtige koraalriwwe kan ook hier ervaar word. Ervaar adrenalienbelaaide bootritte deur die skuimende branders en intieme ontmoetings met seeskilpaaie, pylstertvisse, haaie en dolfyne.

Sodwanabaai stel nooit teleur nie - duike hier is altyd onvergeetlik. Duik-uitstappies na die ongerepte koraalriwwe is beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

3.7/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Goed

Netheid
3.8
Ligging
3.4
Waarde vir geld
3.6
Diens
3.5
Veiligheid
4.1
Wat gaste dink
Benine B
Saam met lewensmaat
4.8
Dit was 'n baie lekker ervaring. Dit was 'n baie lekker ervaring. Die mense was vriendelik en die kamers was skoon. Ons sal beslis weer gaan.
Des 2023
Mareska J
Saam met lewensmaat
4.4
Het lekker gebly. Sal weer daar kom bly as ons Sodwana toe gaan. Ons het die rustigheid geniet.
Jul 2024
Betsie O
Gesin met tieners
4.4
Ek het baie lekker gebly, sal beslis weer teruggaan. Ek sal aanbeveel dat daar iets gedoen word aan die klank tussen 2 woonstelle. Jy kon jou bure hoo...
Sien meer
Jan 2024
Jaco B
Gesin met tieners
4.4
Dit was baie rustig by Toad Tree Cabins. Geen karre of mense wat raas nie. Die huisie is elke dag skoongemaak en ons gasheer, Lindsey, was baie aangen...
Sien meer
Sep 2023
Bernie G
Saam met lewensmaat
4.0
Restful. It was restful, despite the continuous rain. Whilst the rustic look/feel was appreciated, getting wet whilst using the toilet ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.8/5

Janice Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 51

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Triton-pad, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Toad Tree Cabins het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R450
R450 R300
per nag, vir 2 mense
Vanaf R450
R450 R300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 49 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Triton-pad, Sodwanabaai, 3974, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd7e65c8f8d27fa23be6c22edade04be6b7c08b4fb0664a918d57ede788892a72433d1db6bd3911305a53a522e722b762a479?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R450 nouVanaf R300 per nag, vir 2 mense 42 5 1 4 Triton Road Sodwana Bay 3974 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -27.493495876519 32.59711014848

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang