Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tomgeti Eco 5 Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: De Wagendrift, Dinokeng, 0040, Gauteng
  • Vanaf R7 995 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Tomgeti Eco 5 Lodge skuil in die ongerepte landskappe van die Dinokeng Wildreservaat en is 110 km vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Dié lodge se naam is deur die Serengeti geïnspireer en bied 'n onvergeetlike Groot Vyf-ervaring.

Dié eko-vriendelike lodge kombineer moderne gerief met volhoubare praktyke en het slaapplek vir 9 gaste. Dit beskik oor 5 moderne slaapkamers met 4 en suite-badkamers, 'n kombuis, leefarea en 'n kuierarea met 'n uitkykdek. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede, derde en vierde slaapkamers het ook 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die vyfde slaapkamer het 'n enkelslaapbank en 'n ekstra TV. Gehaltelinne word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, 'n broodrooster, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die toonbank maak die perfekte ontbythoekie en die sitarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Daar is ook 'n tweede kombuis waar die privaat sjef op versoek maaltye vir gaste voorberei.

Die skuifdeure lei na 'n ruim stoep met 'n etenstafel, stoele en 'n gasbraai. Daar is ook 'n knus vuurmaakarea en 'n kuierarea met 'n uitkykdek wat 'n wonderlike uitsig bied. Die hele lodge is vir privaat gebruik en is ten volle omhein, wat dit die ideale wegbreek vir die hele gesin maak.

Kamer-opset

Slaapplek vir 9 mense 5 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

1

1 x Enkelslaapbank

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Restaurant op die perseel
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ligging

  • De Wagendrift, Dinokeng, 0040, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 7 995
per nag (plek vir 9)
Vanaf
Vanaf R 7 995
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: De Wagendrift, Dinokeng, 0040, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAddc5a6cb094f83ef5743ba1e8f893d30012677037ecbf30d08d503698b9c4044004aef426aa9a2603629a044e4629a73d960?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 995 per nag (plek vir 9) De Wagendrift Dinokeng 0040 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -25.395657108034 28.436114788055

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang