Tora Rona Hornbill
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2024 tot 13 Des 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Hornbill Straat 771, Marlothpark, 1341, Mpumalanga
-
Vanaf
R1 500R1 200 per nag (plek vir 6) -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Tora Rona Hornbill is 'n selfsorghuis wat in die middel van die woud in die Marloth Park-bewarea geleë is. Die eiendom is naby die dorp se winkels en sowat 740 m vanaf die Krokodilrivier, wat Marlothpark en die Krugerwildtuin skei.
Dié vakansiehuis bied slaapplek aan 6 tot 10 mense en bestaan uit 3 slaapkamers met lugversorging, 1 badkamer en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed; die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens; daar is 2 slaapbanke vir kinders in die leefarea. Linne word voorsien vir die beddens, maar nie vir die 2 slaapbanke nie.
Die badkamer is toegerus met 'n toilet, wasbak, bad en stort. Die gastetoilet het ook 'n wasbak. Die oopplan-kombuis wat goed toegerus is, het 'n yskas, 'n vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, en 'n verskeidenheid breekware, eetgerei en toebehore om te gebruik. Die aangrensende leefarea lei na die patio wat oor die braai-area en plonspoel uitkyk.
Daar is 'n omskakelaar sodat gaste nie deur beurtkrag geraak word nie, en die watertenk bied ondersteuning tydens 'n watertekort.
Marloth Park is 'n 3 000 hektaar wildbewarea en vakansiedorp wat op die suidelike grens van die Krugerwildtuin geleë is. Wild soos koedoes, sebras, kameelperde, blouwildebeeste, bobbejane, bosbokke, vervet-ape, njalas, rooibokke, vlakvarke en volstruise loop vrylik tussen die huise rond.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Kinderbank vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Carin Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 27
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Hornbill Straat 771, Marlothpark, 1341, Mpumalanga
- Gaste dink Tora Rona Hornbill het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Hornbill Straat 771, Marlothpark, 1341, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang