Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Toverberg Guest Houses

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Charl Cilliers-straat 4, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Toverberg Guest Houses bestaan uit 'n aantal opgeknapte huise in die stil deel van Colesberg. Colesberg is 'n oase vir die reisiger langs die hoofroetes vanaf die kus of die binneland, en hiér kom die N1 en die N9 bymekaar.

In Bellstraat, 'n plek ryk aan geskiedenis, bied ons twee- en eenslaapkamer-eenhede met beperkte selfsorg-geriewe. Elke eenheid het 'n sitarea met sekere DStv-kanale en 'n motorhuis of parkeerplek agter 'n sekuriteitshek. Die parkeerplek is dalk 'n bietjie knap vir reuse-bakkies.

Die verblyf is kindervriendelik en by sommige eenhede is diere welkom, mits dit vooraf so gereël is. Restaurante, die museum en winkels is stapafstand.

Sedert sy ontstaan is Colesberg 'n bedrywige dorp, ontmoetingspunt en rusplek vir reisigers. Dit was die toegangsroete na die noorde vir jagters en fortuinsoekers - en vir diegene op pad na die kus. Vandag is dit ook die suidelike toegangsroete na die 'Xariep Toerisme Roete R58. Hierdie roete sluit Norvalspont, Gariepdam, Venterstad, Oviston en Bethulie in.

Die Colesberg-Kemper Museum met sy 19de eeuse speelgoedversameling is ook waar die UNISA Karoo Nomad Photographic Exhibition gehuisves word. Kyk veral uit na die Anglo-Boereoorlog- en Struggle-kamers. Saam met dié geskiedkundige besienswaardighede kan jy ook verskeie ander geriewe in Colesberg geniet. Die gholfbaan spog byvoorbeeld met welige groen gras en uitstekend toegeruste geriewe. Hier is ook 'n tennis- en rolbalbaan asook verskeie fiets- en staproetes, verskeidenheid soorte voëls en tipiese Karoo-sonsondergange.

Ons nooi jou uit om die dorp te besoek en te ervaar, en die hartlike gasvryheid te kom geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 292 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Massimo O
5.0
Great overnight stay. Great, very large room.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Dalien V
Saam met vriende
5.0
Puik, gerieflik, netjies, veilig, vriendelike gasheer. Hierdie huisie is die mooiste historiese plekkie, gerieflik, uiters netjies, veilig en ideaal v...
Sien meer
Aug 2024
Morne S
Besigheidsreis
5.0
Relaxing, nice and clean accommodation. Host was friendly, and the room was neat, tidy and spacious. The area is nice, and it was quiet...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Gigi Margery Anna S
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent, welcoming, warm, comfortable, quaint, memorable. It was absolutely lovely. The little attentions to detail really count for ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Suzette L
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het dit baie geniet! Pragtig, versorg met elke denkbare item om jou verblyf gemaklik (en heerlik warm te maak) selfs in die koue winter van Colesb...
Sien meer
May 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jurie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 292

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Charl Cilliers-straat 4, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Gaste dink Toverberg Guest Houses het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Charl Cilliers-straat 4, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8c912bee369758559c23373677e043419595e6600ea972bb7bcbd557abf9797c04d3b246b7be0916cd71b50735b08fc99700?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 292 5 1 5 4 Charl Cilliers Street Colesberg 9795 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -30.72289937794 25.095215775463

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang