Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tramonto Lodge

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Booysens-straat 11, Keidebees, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Tramonto Lodge bied gerieflike oornagverblyf ná 'n lang rit deur die Kalahari. Dié lodge is 'n oase vir moeë reisigers en spog met 'n kristalhelder swembad en 'n gemeenskaplike braai-area. Elke eenheid word daagliks skoongemaak en veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n elektriese heining beskikbaar.

Tramonto Lodge bied 5 eenhede waarvan 4 selfsorg-eenhede is. Die selfsorgeenhede is toegerus met mikrogolfoonde. Elke eenheid het 'n oopplan-uitleg en bied slaapplek aan 2 tot 5 gaste. Die eenhede het dubbelbeddens of enkelbeddens. Die en suite-badkamers het elkeen 'n stort. Alle linne, handdoeke en badkamerbenodigdhede word voorsien. Die kombuisies is elkeen toegerus met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, eetgerei en breekware. 'n Stoof is in 1 van die eenhede beskikbaar. Elke eenheid beskik oor lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Tramonto Lodge is naby 'n winkelsentrum geleë en daar is ook verskeie doendinge in die omgewing, soos wynproe en riviervlotvaart op die Oranjerivier. Gaste kan ook gerus 'n draai maak by die die Augrabieswaterval in die Augrabies Nasionale Park, die Kgalagadi Oorgrenspark met die Groot 5 en die Skilpad-natuurreservaat.

Tramonto Lodge is ideaal geleë vir besige sakelui, solo-reisigers, gesoute rugsakreisigers, adrenalien-vrate of aktiewe gesinne. Kyk hoe die son oor die Oranjerivier opkom, luister vroegoggend na die gekwetter van voëls en verkwik jou siel langs die die swembad met die reuk van braaivleisvure wat in die lug hang.

Vir kinders onder die ouderdom van 12 kan afslag met die eienaar gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Mildred F
5.0
Gemoedsrus en kalm. Ek het vreeslik lekker gebly. Sal beslis weer van u gebruik maak.
Mei 2024
Merten J
Saam met lewensmaat
5.0
Baie skoon en gerieflike slaapplek op baie kort kennisgewing. Baie gerieflike blyplek met vriendelike ontvangs deur die gasheer.
Mrt 2024
Madéne M
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het baie lekker gebly. Ons het die selfsorg-eenheid gehad wat lekker groot is. Dit is stil en rustig. Ons het baie lekker gebly.
Okt 2023
Nadea N
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik. Heerlik gebly met vriendelike, behulpsame personeel. Hulle het uit hul pad gegaan om ons tuis te laat voel. Baie dankie julle.
Okt 2023
Sonett V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gekuier. Tramonto Lodge het voldoen aan ons vereistes.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Wilhma Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Booysens-straat 11, Keidebees, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Gaste dink Tramonto Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Booysens-straat 11, Keidebees, Upington, 8801, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5e5afe77245b17742bb3ec2eaad6d0ef170c4eea8e387fb8d0ca6ae04e7a4f70b4f7e7a53691bdcb4d41b5f4cccdf3db1964?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 11 Booysen Street Keidebees 8801 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.4404 21.2837

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang