Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tranquillity Heights

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
5.0
Veiligheid
4.7
Thomas K
Kort verblyf
4.6
Jan 2023

Mooiste ligging. Tranquility is op 'n pragtige plek geleë met mooi uitsigte na Pringle- en Bettiesbaai en met die mooiste natuurskoon rondom die huis. Die wandelpaaie is pragtig en bied ook maklike toegang tot Pringlebaai. Huis gemaklik en netjies met mooi uitsigte. Die badkamers is veral mooi. Die pad na die huis is ongelukkig nie gepas vir 'n gewone sedanmotor, en die pad maak ook dat mens nie regtig met gemak met 'n gewone motor rondbeweeg en daarom gemaklik moet wees met net by die huis bly. Dit het nie ons vakansie gepas maar sal wel werk vir mense wat 'n baie private wegbreek soek en gemaklik is met net rondstap, of 'n 4x4 motor het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Tanya
Tranquillity Heights
Dankie vir jou pragtige resensie en ek is so bly dat jy die skoonheid en vrede van ons pragtige eiendom kon waardeer. Ek is jammer jy het gesukkel met die pad. Sedert jy gebly het, het ons baie werk daaraan gedoen om dit gemakliker te maak vir gaste, so hopelik sal jy volgende keer dit makliker vind om te navigeer.

William O
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2022

Die wow-gevoel is oorweldigend. Lekker, luukse kuierhuis met ongelooflike mooi uitsigte, van al die vertrekke. Die natuur en huis smelt ineen.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Tanya
Tranquillity Heights
Ons is so gelukkig dat u ons spesiale plek geniet het in die natuur. Dankie dat julle sulke wonderlike gaste was. Tot volgende keer.

Jackie V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2021

Onvergeetlike, onbeskryflike uitsigte! Die ligging is alles en die stilte en rustigheid van Tranquility Heights is onvergeetlik en onverbeterlik! Sal dit beslis aanbeveel - dit is 'n doen-jou-siel-goed tipe bestemming.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tanya
Tranquillity Heights
Dankie vir die wonderlike resensie. Ons is so bly dat jy die siel en vrede van hierdie wonderlike ruimte kon ervaar en ons hoop om jou binnekort weer te sien.

Nick M
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Jan 2021

Beautiful and peaceful place to be! Wake up each morning to the beautiful fynbos scenery and amazing rocks surrounding this unique home. Hiking out your back door. Mountain biking to Pringle Bay for waffles and a swim at Moonlit beach. Look out for owls through the picture windows and hares in the early evening. Very special spot!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Tanya
Tranquillity Heights
Thank you, I am so pleased you had such a wonderful stay and you got to experience the beauty, of as you say, this very unique and special spot. All the best for 2021, warm regards, Tanya

Annemari K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Feb 2020

Ongelooflike 2 dae in hierdie mooie plek. Die uitsig is asemrowend. Pragtige goed versorgde huis met meer as wat nodig is. Asemrowende uitsig op berge en oor Bettiesbaai. Gaan definitief volgende keer langer hier vertoef!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Tanya
Tranquillity Heights
Dankie, ek is so bly dat jy so 'n lekker tyd gehad het. Ons sien uit daarna om jou volgende keer langer te hê.

Zalta K
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Des 2020

Asemrowende uitsig en ongelooflik mooi. Tranquility Heights was 'n fantastiese plek om te bly. Ideaal vir vriende wat wil weggaan vir ’n lekker kuier. Mooiste uitsig en lekker kuierplek op die stoep.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Tanya
Tranquillity Heights
Ons is baie bly dat u van u verblyf geniet het en sien daarna uit om u weer in die nabye toekoms te verwelkom.

Lizette V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2018

Asemrowend. Dit is 'n fantastiese plek, salige rus, en so pragtig, skoon en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tanya
Tranquillity Heights
Baie dankie Lizette, ons is bly dat julle dit so geniet het en dat julle voel rustig nou. Hoop om jou weer te sien, Tanya

Erika S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Feb 2018

Pragtige eiendom en die ligging was wonderlik en die decor is absolute pragtig! Dit gaan ons nuwe wegbreekplekkie raak. Tanya - ons het dit baie geniet! Dankie vir die heerlike beskuit en die sjampanje om ons huweliksherdekning te vier! Die kinders het die berge verken en paddavisse gevang in die klein dammetjie. Die decor is pragtig en alles in die eiendom is goed versorg. Baie dankie vir 'n heerlike naweek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Tanya
Tranquillity Heights
Ek is so bly julle het ons spesiaale plek geniet en die kinders het so lekker verken. Dankie vir die wonderlike resensie, ons is so bly om te hoor ons sal jou weer welkom, hopelik binnekort. Lekker bly, Tanya

Shaun T
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Mrt 2018

'n Merkwaardige huis op 'n ongelooflijke ligging. Ons was 'n paar vriende wat saam bespreek het vir 'n vriend se verjaarsdag. Huis is baie ruim. Die huis is baie besonders en op 'n baie mooi uitkyk gebou. Kan glad nie fout vind aan enige iets nie, baie modern met alles wat jy kan aan dink wat jy sal nodig hê en nog meer. Slaapkamers het baie mooi uitsigte oor die vlaktes en kyk oor die see en dorpie uit, dit is geleë op 'n groot stuk grond, so niemand naby om jou rus te steur nie en ver van almal indien jy dalk wil lekker kuier en musiek speel. Sal glad nie 'n fout maak indien jy hier gaan bly nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Tanya
Tranquillity Heights
Hi Shaun, Baie dankie vir die wonderlike aanbeveling. Ons is so bly dat julle almal so rustig in ons huis gevoel het en dat julle lekker met mekaar gekeur het. Ons hoop om julle almal weer te sien. Baie dankie, Tanya.

Reinhardt H
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Mrt 2018

Luukse saligheid in beeldskone natuur. Ons het heerlik gebly in hierdie wonderlike huis met sy pragtige ligging tussen die fynbos met uitsigte oor die berge, see en Bettiesbaai. Tanya het ekstra moeite gedoen om ons te akkommodeer, en was heeltyd beskikbaar sou daar iets kort. Ons beplan om definitief weer terug te keer in die toekoms.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Tanya
Tranquillity Heights
Dankie Reinhardt, ek is so bly dat dit uitgewerk het en dat julle do lekker gekeur het in ons spesiale plek. Ons sien daarna uit om julle weer in die toekoms te verwelkom. Dankie dat julle die huis so netjies gelos het.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Tanya Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 12

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R6 650
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R6 650
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 06:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Clarence-rylaan, Brodie Link Natuurreservaat, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ4ZTcwNTdkLTkzNmItNDIzMy1iZDIxLTkxYWRmODU1NmMzMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 650 per nag, vir 8 mense 10 5 1 5 Off Clarence Drive Brodie Link Nature Reserve 7196 Wes-Kaap 021 201 8901 06:00-23:00 10:00 -34.353180555556 18.848847222222

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang