Tranquil Manor
Kry 30% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Topazlaan 50, Kloofendal, Roodepoort, 1709, Gauteng
-
Vanaf
R1 100R770 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Tranquil Manor in die Kloofendal-area is ideaal vir 'n sakereisiger of 'n gesin.
Tranquil Manor bied verblyf in 3 selfsorg-eenhede wat ten volle toegerus is en slaapplek vir tot 6 gaste het.
Die Court Yard bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 2 enkelbeddens of koning groote dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Ander geriewe sluit in 'n kombuis wat met 'n yskas/ vrieskas kombinasie, wasmasjuen,mikrogolf, oond en stoof toegerus is, 'n sitarea, koffie- en teemaakgeriewe,'n TV met eksklusiewe DStv-kanale en WiFi.
Braaigeriewe is ook beskikbaar en die verblyf het 'n elektriese heining, alarmstelsel en 24 uur respons sekuriteit.
Tranquil Manor is naby die Kloofendal Natuurreservaat, Clearwater-winkelsentrum, Flora Life Hospitaal, Wilgeheuwel Hospitaal en verskeie besighede met maklike toegang tot die N1. Die naaste lughawe is Lanseria Internasionale Lughawe wat sowat 30 km ver is en die eiendom is ideaal geleë vir daguitstappies na die Magalies Meander, Wieg van die Mensdom, Leeupark en Hartebeespoortdam.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Lois Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Topazlaan 50, Kloofendal, Roodepoort, 1709, Gauteng
- Gaste dink Tranquil Manor het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Topazlaan 50, Kloofendal, Roodepoort, 1709, Gauteng