Transkaroo Campsite @ Matroosberg Station
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Matroosbergstasie, R318, Touwsriver, 6880, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Transkaroo Campsite is 'n privaat kampterrein op 'n plaas op Matroosbergstasie. Dit is op die R318, tussen De Doorns en Touwsrivier.
Die groot tentkampeerplek bied slaapplek aan 6 gaste in totaal. Die kampterrein het 'n badkamer met 'n stort, aparte wasbak en aparte toilet. Die stort het groot vensters sodat gaste die natuurprag kan geniet terwyl hulle stort. Gaste moet hul eie linne en handdoeke saambring.
Die kampplek het 'n onderdakkombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Daar is 'n tafel met sitplek vir 4 gaste en werkspasie op 'n toonbank.
Gaste kan onder die bome rondom die knus braai-area of in die houtvuurwarmbad ontspan. Daar is 'n swembad naby die kampplek wat ook soms, ná reën, die mooiste waterval het. Die plaas is groot en gaste kan fietsry, stap of net by die kampplek ontspan.
Kamer-opset
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Elzanne Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 38
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Matroosbergstasie, R318, Touwsriver, 6880, Wes-Kaap
- Gaste dink Transkaroo Campsite @ Matroosberg Station het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Breederiviervallei Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Matroosbergstasie, R318, Touwsriver, 6880, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang