Tree Top Loft
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lange-laan 4, Randburg, 1709, Gauteng
- Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Tree Top Loft is 'n knus selfsorg-solderwoonstel met 'n privaat ingang wat op die boonste verdieping van die eienaar se perseel in Quellerina, Randburg geleë is. Dit is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers.
Dié eenheid het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n toonbank met stoele toegerus. Die aangrensende sitarea het 'n gemaklike rusbank en daar is 'n slim-TV met stroomdienste en gratis WiFi. Tydens kragonderbrekings voorsien sonkrag elektrisiteit aan die ligte en die WiFi.
Daar is 'n privaat stoep met buitesitplek en gasbraaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en gaste is naby winkels, restaurante, hospitale en die N1.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Petra Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 4 maande
Ligging
- Lange-laan 4, Randburg, 1709, Gauteng
- Gaste dink Tree Top Loft het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Randburg Wes-Rand Johannesburg Gauteng
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lange-laan 4, Randburg, 1709, Gauteng