Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tree Top View Selfsorg

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 26 Okt 2024 tot 31 Des 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Babs-straat 24, Ludwigsdorf, Windhoek, 0000, Khomas
  • Vanaf R1 250 R1 125 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Tree Top View Selfsorg is 'n bekoorlike woonstel op die eienaar se perseel in Windhoek en bied die perfekte oornagverblyf vir sakereisigers.

Die woonstel het 'n privaat ingang en bied slaapplek aan 5 gaste. Dit beskik oor 'n slaapkamer met lugversorging en 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens, genoeg kasruimte, 'n lessenaar en 'n stoel. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die woonstel spog met 'n oopplan-leefarea met 'n knus slaapbank, enkelbed en 'n ekstra matras. Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, mikrogolf, induksieplaat, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n etenstafel. 'n Slim-TV met DStv-kanale en gratis WiFi is beskikbaar.

Verder het die woonstel braaigeriewe en veilige parkeerplek vir een voertuig in 'n motorhuis op die perseel. Die woonstel is net 'n entjie se ry vanaf die Hosea Kutako lughawe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Leefarea

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Enkelslaapbank

1 x Ekstra enkelmatras

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Johan P
Gesin met tieners
5.0
Heerlik 10 uit 10. Lieflike, pragtige, skoon woonstel. Gasheer baie vriendelik en behulpsaam. Verblyf definitief waarde vir geld.
Okt 2024
Frans L
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige uitsig. Stil omgewing. Netjies, alles wat jy nodig het.
Okt 2024
Hendrik D
Saam met lewensmaat
5.0
Veilige en netjiese verblyf. Hierdie verblyf is beslis aanbeveelbaar vir oornag as 'n persoon deur Namibië reis. Beddens en toerusting van hoogstaande...
Sien meer
Sep 2024
Sanette J
Saam met lewensmaat
5.0
Dis regtig gerieflik, huis weg van jou huis af. Rustige, veilige area. 2de keer! Perfek soos die 1ste keer!
Sep 2024
Marianne J
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflike verblyf, vriendelike gasvrou. Ons sal vir seker weer daar bly. Baie lekker gebly, alles wat ons benodig het, was daar. Die gasvrou het die ...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

André Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 30

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Babs-straat 24, Ludwigsdorf, Windhoek, 0000, Khomas
  • Gaste dink Tree Top View Selfsorg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
R 1 250 R 1 125
per nag, vir 5 mense
Vanaf R1 250
R 1 250 R 1 125
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Babs-straat 24, Ludwigsdorf, Windhoek, 0000, Khomas
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA75ee28cac934ed34ef1d8718236120cc70ef402b1edf981c8567c3695aced977871b0223d81f9e3f376af4a57f5b85ffa02b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 250 nouVanaf R1 125 per nag, vir 5 mense 22 5 1 5 24 Babs Street Ludwigsdorf 0000 Khomas 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -22.569852535979 17.121890176721

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang