Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Treklaer Lodge

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Spioenkoplaan 2, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Treklaer Lodge is in die vakansiedorp Hartenbos, 'n paar minute se ry vanaf Mosselbaai en sowat 45 km buite George geleë. Die lodge stapafstand van die hoofstrand, water- en pretpark, restaurante soos Spur en Ocean Basket, koffiewinkels, 'n gimnasium, 'n binnenshuise verhitte swembad, 'n kouewaterswembad en 'n winkelsentrum.

Verblyf is beskikbaar in 'n eenslaapkamer en 'n tweeslaapkamer-selfsorgeenheid wat elk 1 badkamer en slaapplek vir 5 gaste het. Die eenhede is veral geskik vir klein gesinne. Elke eenheid het 'n goed toegeruste kombuis, 'n leefarea met platskerm-TV en die volled DStv-pakket, WiFi en asook braaigeriewe.

Daar is ook 2 luukse en suite-slaapkamers in die gastehuis. Hierdie kamers is ruim het DStv, Netflix, Showmax en gratis WiFi. Gaste het toegang tot 'n gedeelde sitarea, kombuis, stoep met braaigeriewe en 'n dek met 'n wonderlike uitsig oor die see, Robbeneiland en Mosselbaai.

Die eenhede het 'n elektroniese privaat ingang en die eiendom word beveilig deur 'n gewapende reaksie-eenheid. Veilige onderdakparkeerplek word voorsien. Die bekende Hennie's kroeg en restaurant wat onlangs oopgemaak het, is net oorkant die pad. Gratis droë vuurmaakhout word verskaf indien gaste 'n lekker braai wil hout.

Ons is bekend vir ons gasvrye en vriendelike diens en dit is ons missie om te verseker dat ons gaste keer op keer terugkeer.

Egte Suid-Afrikaanse gasvryheid is gewaarborg wanneer jy by Treklaer Lodge aanklop.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 81 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.4
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Thea V
Saam met vriende
5.0
Heerlik. Baie lekker verblyf.
Aug 2024
Nico U
Saam met lewensmaat
5.0
Baie vriendelike mense en die plek is pragtig, groot met see-uitsig. Geen padgeraas. Baie vriendelike personeel en ons is opgegradeer na 'n groter een...
Sien meer
Aug 2024
Lucretia E
Saam met vriende
5.0
Skoon, modern, ruim. Ons het net een aand oorgeslaap. Baie skoon, modern en gerieflik ingerig.
Jun 2024
Rudolph B
Gesin met tieners
5.0
Uitstekende kamers, badkamers en alle geriewe was meer as perfek. Verblyf was meer as perfek, alles was gemaklik, skoon en netjies. 10 uit 5.
Mei 2024
Gert K
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. Gasvry en baie netjies, en goed geleë.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Igna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 81

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Spioenkoplaan 2, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Treklaer Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Spioenkoplaan 2, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA50a0c00f953982cffb0a75eabfbc1d3410e41dd072f9cb69b7c35b2ec19c78b9506ecbb8595c24ff1b86095a0ba543fae391?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 81 5 1 5 2 Spioenkop Avenue Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.129430285888 22.112966004299

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang