Treklaer Lodge
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Spioenkoplaan 2, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Treklaer Lodge is in die vakansiedorp Hartenbos, 'n paar minute se ry vanaf Mosselbaai en sowat 45 km buite George geleë. Die lodge stapafstand van die hoofstrand, water- en pretpark, restaurante soos Spur en Ocean Basket, koffiewinkels, 'n gimnasium, 'n binnenshuise verhitte swembad, 'n kouewaterswembad en 'n winkelsentrum.
Verblyf is beskikbaar in 'n eenslaapkamer en 'n tweeslaapkamer-selfsorgeenheid wat elk 1 badkamer en slaapplek vir 5 gaste het. Die eenhede is veral geskik vir klein gesinne. Elke eenheid het 'n goed toegeruste kombuis, 'n leefarea met platskerm-TV en die volled DStv-pakket, WiFi en asook braaigeriewe.
Daar is ook 2 luukse en suite-slaapkamers in die gastehuis. Hierdie kamers is ruim het DStv, Netflix, Showmax en gratis WiFi. Gaste het toegang tot 'n gedeelde sitarea, kombuis, stoep met braaigeriewe en 'n dek met 'n wonderlike uitsig oor die see, Robbeneiland en Mosselbaai.
Die eenhede het 'n elektroniese privaat ingang en die eiendom word beveilig deur 'n gewapende reaksie-eenheid. Veilige onderdakparkeerplek word voorsien. Die bekende Hennie's kroeg en restaurant wat onlangs oopgemaak het, is net oorkant die pad. Gratis droë vuurmaakhout word verskaf indien gaste 'n lekker braai wil hout.
Ons is bekend vir ons gasvrye en vriendelike diens en dit is ons missie om te verseker dat ons gaste keer op keer terugkeer.
Egte Suid-Afrikaanse gasvryheid is gewaarborg wanneer jy by Treklaer Lodge aanklop.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Igna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 86
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Spioenkoplaan 2, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Treklaer Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 17 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Spioenkoplaan 2, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang