Lowestoffe Country Lodge: Trout Lodge
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lowestoffe-plaas, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
- Vanaf R5 064 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Lowestoffe Country Lodge: Trout Lodge is 'n selfsorghuis wat in 1990 gebou is en net 26 km vanaf die skilderagtige dorpie Hogsback geleë is. Die dorp is vir sy natuurskoon, die Amatola-berge, die welige inheemse woude, watervalle en pragtige voetslaanroetes bekend.
Die bekoorlike huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n dubbelbed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Een van die slaapkamers met 'n dubbelbed het 'n en suite-badkamer met 'n stort en die gaste in die ander slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n elektriese stoof, tweeplaatgasstoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas toegerus. Langs die kombuis is daar 'n etenstafel vir 8 gaste en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n kaggel.
Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n etenstafel, stoele en 'n uitsig oor die dam, waar gaste ook kan kunsvlieghengel. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Lowestoffe-plaas, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Amathole-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lowestoffe-plaas, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang