Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Troutways Private Retreat

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 54 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.5
Anne Marie R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Heerlik! Dit was heerlik - ons is opgegradeer na die groter huis omdat die Troutways Private Retreat se yskas nie gewerk het nie - dit was 'n lekker verrassing! Heerlike braai onder dak en pragtige uitsig op die berge en dam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hester B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Practical, well thought out accommodation. Host is professional, wonderful views. The accommodation at Troutways is so practical. There is wood for the braai, pet friendly, the host is wonderful. The boere seep is wonderful. All the kitchen utensils that you would need are available. We enjoyed our stay.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Willie F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Gerieflike verblyf met mooi uitsig op 'n plaas. Heerlik gebly. Toegangspad bietjie rowwe grondpad, maar net so 500m.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Df K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Stil en rustig gewees! Was baie lekker gewees by Troutways!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Paul V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Stil, rustig, ontspannend, met alles wat mens nodig het. Ons het heerlik oorgebly by Troutways. Die eenheid het alles wat nodig is vir 'n ontspanne kuier, en was besonder netjies en skoon. Die omgewing is pragtig en rustig, doodstil (mens hoor net die voëltjies) en daar is baie stapplek (en 'n berg om te klim). Ons het nie by alles uitgekom nie, maar sal weer gaan om die berg aan te pak. Die grondpad na Troutways is goed en mens kan regtig met enige kar soontoe ry. Hoogs aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Aileen L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2024

Kinders het dit gelief daar - ons het dit geniet daar en sal weer gaan. Baie lekker, alles wat jy nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Kylie M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Mei 2024

It is not often we get accommodation where the host is so helpful from before your stay. Hein and his staff have exceeded our expectations of hosting! From the word go, he was helpful and accommodating! Fishing was great and the space is spectacular. Waterval Boven itself is run down, but there is so much more to see around the area! Thank you Troutways for having us!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Fanie B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2024

Lekker. Dit was baie lekker en die plek was mooi skoon.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Hein
Troutways Private Retreat
Baie dankie vir die wonderlike terugvoer. Hein

Lizette V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.2
Apr 2024

Baie rustige plek met mooi uitsig. Geen ontvangs of WiFi. Die houthuis kort bietjie aandag. Nie regtig baie vir kinders om te doen nie, en daar is nie uitgewysde staproetes nie. Die uitsig is baie mooi. Dit is 'n rustige omgewing. Die houthuis het nie eens 'n slot om die deur in die aand toe te sluit nie, net 'n hakkie. Andersins het ons baie lekker gebly.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
3.0
Hein
Troutways Private Retreat
Baie dankie vir die wonderlike terugvoering, Lizette. Ek is nie seker hoekom ons beoordeel word oor sel ontvangs nie, maar ons waardeer die kritiek. Ons slaap met oop deure en vensters hier en besef nie altyd hoe ander mense se persepsies van sekuriteit ons beïnvloed nie.

Maryna S
Kort verblyf Gesin met tieners
3.2
Jan 2024

Rustig. Met aankoms kon die eienaar nie ons bespreking bevestig nie en moes dorp toe ry vir 'n sein om seker te maak dat die eenheid wat ons bespreek het, beskikbaar was, weens die afwesigheid van selfoonopvangs op die plaas. Dit het 'n mens verleë en ongemaklik laat voel omdat ons moes verduidelik deur wie ons bespreek het en wanneer. Die bespreking was al maande vantevore gemaak. Die eenheid waarin ons gebly het, was 'n ruim huis met 'n groot stoep en 'n pragtige uitsig oor 'n dam en berge, maar kort aandag veral aan die kombuiswasbak en die braai op die stoep wat lek as dit reën. Daar was geen skoonmaakdiens vir die 5 dae wat ons daar was nie, en daar was ook nie voorsiening gemaak vir 'n mop, ekstra toiletpapier, vuilgoedsakke, of skoonmaakmiddels nie, behalwe 'n bietjie Sunlight Liquid nie. Ons moes die stoep self afspuit en skoonmaak met 'n tuinslang en besem. Ek beveel nie aan dat 'n lae voertuig die instansie besoek nie, veral as dit reën nie. Dit is troeteldiervriendelik, maar sorg dat jou diere behandel word vir bosluise voor jy gaan. Ek beveel die verblyf aan omdat die plek reg by die Homestead is en 'n uitsig oor 'n plaaswerf het. Neem ook genoeg spuitgoed vir vlieë saam.

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Hein Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 54

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf R920
R920 R613
per nag, vir 2 mense
Vanaf R920
R920 R613
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Troutways-plaas, Waterval Boven, 1195, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa7adb627fbed998c63da6905de5815d8acbc185c43a61148f34ea4419d4afbfa79cccf218f68ee58c46f21c2693147379016?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R920 nouVanaf R613 per nag, vir 2 mense 54 5 1 5 Troutways Farm Waterval Boven 1195 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -25.66582059396 30.342017412186

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang