Tsala Treetop Lodge
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 44 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Langs die N2, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R15 800 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Tsala Treetop Lodge is tussen 'n oeroue inheemse woud se boomtoppe geleë en is 'n lieflike viering van die Afrika-gees. Dié lodge se toweragtige ligging is onweerstaanbaar vir diegene wat op soek is na eksklusiewe verblyf. Hiér kan gaste die woud se rustigheid beleef terwyl die diskrete personeel topgehalte en persoonlike diens bied.
Verblyf word in 10 suites en 6 villas gebied. Die suites skuil tussen die woud se boomtoppe en is ideaal vir 'n paartjie wat op soek is na 'n romantiese wegbreek. Terwyl die tweeslaapkamer-villas vir 'n groep van 4 geskik is. Die suites en villas het privaat dekke met randvloeiswembaddens.
Die hoofrestaurant se gebou is aan die einde van die paadjie en lei na die pragtige ontvangsarea met die woud in die agtergrond. Die sitarea is baie gewild en hiér kan gaste drankies geniet, 'n boek uit die biblioteek lees en die WiFi benut. Daar is ook 'n dek buite waar gaste na die Knysna-loeries kan luister en dalk nog een raaksien!
Gaste kan op die dek eet met 'n uitsig oor die woud. Middagete en groep-aandete kan ook op die dek bedien word as die weer dit toelaat. Daar is plaaslike en internasionale wyn te kies en te keur.
Plettenbergbaai, een van Suid-Afrika se voorste kusbestemmings, bied pragtige goue strande en is slegs 10 km oos van die lodge, en die gewilde Knysna teen die Knysna-strandmeer is net 20 km wes.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Portier
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Wynkelder
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- 24-uur Kamerbediening
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Adele Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 3
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Langs die N2, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Tsala Treetop Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Harkerville Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 44 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Langs die N2, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang