Tshikwalo Lodge
- Kapasiteit: 66 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tshwikwalo Game lodge, Dinokeng Wildreservaat, De Wagendrift, Pretoria, 0040, Gauteng
- Vanaf R2 080 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Tshikwalo Lodge is in die Dinokeng Wildreservaat geleë. Dinokeng is die eerste wildreservaat in Gauteng waar die Groot 5 vrylik rondloop en bied gerieflike selfsorg- en B&B-verblyf en 'n ontspanne Afrikabos-ervaring aan gaste.
Die verblyf is ideaal vir gesinne, groepe of paartjies wat op soek is na 'n wegbreek uit die besige stad. Daar is 5 standaard-chalets, 10 hoek-chalets, 3 luukse selfsorg-chalets en ruim gesin-chalets vir 4, 10 of 20 gaste. Elke chalet het 'n privaat stoep met 'n braai of boma wat 'n uitsig oor die bosveld bied.
Daar is 'n swembad, wasgoeddiens, kroeg, konferensiegeriewe, veilige parkeerplek, WiFi en 'n lughawependeldiens op die perseel en gaste kan op die eiendom voëlkyk, wildritte onderneem, wynproe en begeleide wildritte doen om die Groot 5 te sien.
Tshikwalo het 'n pragtige a la carte-restaurant wat 'n uitsig oor die watergat bied. Hier kom die kleiner diere en die Groot 5 water drink en dit kan van die dek af gesien word. Die restaurant is Dinsdag tot Saterdag oop en maak ook vir konferensies voorsiening. Tshikwalo is net 50 km noord van Pretoria en 'n uur se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Drankies ingesluit
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Lucia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 121
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Tshwikwalo Game lodge, Dinokeng Wildreservaat, De Wagendrift, Pretoria, 0040, Gauteng
- Gaste dink Tshikwalo Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Gauteng
- Kapasiteit: 66 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tshwikwalo Game lodge, Dinokeng Wildreservaat, De Wagendrift, Pretoria, 0040, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang