Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tuin van Eden

Gastehuis

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 105 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.4
Veiligheid
4.4
Rene L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Was 'n wonderlike week, lekker uitgerus. Dit was 'n wonderlike week wat ek aan enige iemand kan aanbeveel as jy hou van stilte en die natuur. Pragtige plek. Pierre, Genevive en Ettienne is die vriendelikste mense, jy voel dadelik tuis.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elmarie V
Kort verblyf
5.0
Apr 2023

Wonderlike wegbreek van die besige stad. Die plek as 'n geheel is absoluut fantasties. Uiters skoon met baie vriendelike diens. Die perfekte wegbreek plek om uit die geraas van elke dag se lewe te kom. Sal Tuin van Eden enige tyd aanbeveel. Die staproetes en natuurskoon was perfek om die gedagtes skoon te maak en die siel weer te herlaai. 10 uit 10!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Susan G
1 nag Gesin met tieners
5.0
Feb 2023

We were in the area for a wedding and Tuin van Eden was close by. The cottage was clean and comfortable.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marie V
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Feb 2024

Pragtige uitsig, en aangenaam verras met die binnekant van die kamer. Tuin van Eden se kampterrein se uitsig is pragtig. Die kamers binne is sorgsaam versier en netjies. Die geboue en terrein is egter effens verwaarloos.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Michelle T
1 nag Saam met lewensmaat
2.2
Feb 2024

Kommerwekkend dat mense geld betaal om daar te bly. Die oord het baie werk nodig. Die fotos is misleidend. Ons is nie ontvang nie aangesien daar niemand by die ontvangs teenwoordig was nie. Die ontvangs is binne in die eetsaal wat perspeks of een of ander deursigtige panele rondom het. Dit was baie vuil. Ons is na 'n hele rukkie na 'n kamer geneem. Dit was nie skoon nie. Nie eers die braaier of asbakkie was skoongemaak nie en die as en stompies het nog daar gelê. Die badkamer se deur is vol vuil vingermerke en die wasbak se kraan was baie vuil. Die sinkdak is vol gaatjies. Dit was 'n baie warm dag en die kamer was kokend warm toe ons daar opgedaag het. Definitief nie 'n plek wat ons sal aanbeveel nie. Ons het besluit om nie te bly nie.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0

Trishke R
1 nag Gesin met klein kinders
2.0
Mrt 2024

Teleurstellend. Baie teleurgesteld. Lyk glad nie soos die fotos nie. Beddegoed darem skoon gewees. Beddens swak. Glad nie aan te beveel nie.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
1.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Charlene D
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jan 2023

Pragtige omgewing. Baie vriendelik, pragtige omgewing.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ina M
Kort verblyf
4.8
Mei 2023

Pragtige natuur. Gerieflik gebly en sal weer daar inboek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerdus T
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Feb 2023

Pragtige natuurskoon, maar eenhede kort bietjie aandag. Die plaas is beeldskoon en ons sal dit vir seker weer besoek. Die eenheid kort egter bietjie werk. Die yskas werk nie en die stort en wasbak was effens verstop.

Netheid
2.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Lizette P
1 nag Saam met lewensmaat
3.6
Jun 2023

Onafgerond. Die kamer was knus en die bed het lekker geslaap. Verder was dit baie onafgerond. Die stortkop is al so toegekalk dat dit nie eers die moeite werd is om te stort nie. Die watermerke teen die stort se glas word nooit skoongemaak nie, of dit is hoe dit lyk. Die ketel moet langs die bed ingeprop word om by die prop uit te kom. Bietjie meer liefde, sorg en afronding in die kamers sal 'n baie groot verskil maak.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Pierre Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 105

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 27 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm 406, , Heidelberg, 1438, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAyOTM3ZGQwLTE1NTYtNGZlYS04MWU5LTEwYmFlNDhhNDhlYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 105 5 1 5 Farm 406 Lagerspoort 1438 Gauteng 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -26.619627303708 28.437144756317

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang