Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tuinhuis

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Groendraai Kleinhoewe, H/v Protea en Eensaamheidspad, Klapmuts, 7625, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Tuinhuis is in Klapmuts tussen die bome op die werkende plaas, Groendraai, in die Boland geleë.

Die verblyf beskik oor 2 driekwartbeddens en 1 dubbelbed. Dit is on 'n oopplan-eenheid met geen aparte kamer en 'n aparte badkamer met 'n bad en 'n stort. Die voordeur lei na die tuin en die eenheid het 'n privaat ingang en parkeerplek.

Die kaggel is ideaal vir die kouer aande. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, braaipan, broodrooster, eetgerei en al die breekware wat jy benodig. Sout, peper, koffie, tee, suiker en melk is ingesluit. Daar is gratis WiFi. 'n TV is nie beskikbaar nie.

Hout is op die perseel te koop. Daar is 'n eerlikheidsboksie om geld in te sit.

Aktiwiteite in die omgewing sluit wynproe, voëlkyk en fietsry in. Gaste kan in die plaasdam swem en kinders moet ten alle tye onder volwasse toesig wees. Twee ekstra beddens kan teen 'n ekstra fooi bygevoeg word.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 81 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Markus F
Gesin met tieners
5.0
Awesome, friendly, relaxed. Host was brilliant. No request was too much. Loved the setting. Secluded but close to everything we needed....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Marcelle M
Saam met vriende
5.0
Wonderful. Very beautiful and comfortable place. The host was very friendly. Central location. We had so much fun.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Ronél G
Gesin met tieners
5.0
Landelik lekker! Baie lekker voor 'n gesellige kaggelvuur in die koue gekuier. Sal beslis weer daar bly.
Aug 2024
Jürg R
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable stay in a generous house in a beautiful garden. Tuinhuis lives up to its name. (A) It was situated in a beautiful garden on...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Marti V
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi, netjiese en goed toegeruste huis. Ideale wegbreek om heerlik te rus. Dit was 'n heerlike wegbreeknaweek. Alles is baie mooi en rustig. Ons kon l...
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Riki Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 87

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Groendraai Kleinhoewe, H/v Protea en Eensaamheidspad, Klapmuts, 7625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tuinhuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Groendraai Kleinhoewe, H/v Protea en Eensaamheidspad, Klapmuts, 7625, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9f04c73deb1c81388c6efe4e83f204f74d8ae005a8e6d17f6b79f63cee702b1b502a5691dc2ea28f758fb79c83a40be33b99?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 81 5 1 5 Groendraai Kleinhoewe Corner of Protea and Eenzaamheid Road 7625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.791916479492 18.85980784893

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang