Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tulbagh Mountain Cabin

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die Boontjiesrivier, Witzenberg Wildpark, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 650 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Tulbagh Mountain Cabin is 'n selfsorghouthuis tussen Tulbagh en Wolseley in die Tulbagh-wynvallei. Dié houthuis het slaapplek vir 4 gaste. Die eenheid het alles wat 'n mens nodig het vir gerieflike verblyf in 'n rustige omgewing.

Die houthuisie beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers, asook 'n buitestort en 'n lieflike buitebad. Die hoofslaapkamer in op die solder en het 'n koningingrootte-bed en 'n groot en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer is op die grondverdieping en het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer is op die grondverdieping en het 'n losstaande bad en 'n aparte toilet. Daar is 'n driekwartbed in 'n alkoof bo die leefarea vir 'n vyfde gas, wat vooraf gereël moet word.

Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe en 'n etenstafel toegerus. Die sitarea het lugversorging en lei na 'n stoep wat reg rondom die huis strek en ’n etenstafel het. Hiér kan gaste agteroorsit en die uitsig op die berge en oor die vallei bewonder, of die springbokke en rooihartebeeste op die plaas dophou. Daar is ook 'n TV met toegang tot Netflix, Chrome-Cast waarmee gaste DStv vanaf hul skootrekenaar op die TV kan kyk.

Daar is 'n privaat grasdakbraai-area en 'n gemeenskaplike swembad wat gaste kan gebruik. 'n Voetpaadjie lei na 'n privaat kuierarea met 'n buitebad, en 'n klein rivier vloei verby die huis. 'n Omsetter en sonpanele is tydens beurtkrag beskikbaar.

Mountain Cabin is ongeveer 6 km vanaf Wolseley, 15 km vanaf Tulbagh en 20 km vanaf Ceres, wat almal verskeie buitelugaktiwiteite bied.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Patio
  • Privaat ingang

Dienste

  • Koordlose internet

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 53 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Karen P
Gesin met tieners
5.0
Wonderful stay in a beautifully equipped cabin with a view of springbok and zebras. Wonderful stay in a beautifully equipped cabin with...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Barnie V
Saam met lewensmaat
5.0
Breakaway to nature but with the comfort of the needed lux to make it lekker. The cabin is great. We arrived to a neat, well-organised ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Nazley C
Gesin met tieners
5.0
Peaceful, comfortable with a beautiful view. We loved our stay! It's a gem! The peace and quietness was good for the soul. Watching the...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Wendy S
Saam met lewensmaat
5.0
Bliss in the mountains. Absolutely stunning cabin. We loved the peace and tranquility of the area. Views of the mountains, springboks a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Megan S
Gesin met klein kinders
5.0
A beautiful, unforgettable stay. Our stay was amazing! The cabin was equipped with everything that we needed, and the view and ambience...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Deon Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 140

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Langs die Boontjiesrivier, Witzenberg Wildpark, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tulbagh Mountain Cabin het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tulbagh Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R2 650
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R2 650
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die Boontjiesrivier, Witzenberg Wildpark, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa163b7a155b51887560b0550494dd21afff60cffa45a3d22971fc8861e1b5b64ca154045a81e9db2109e340f148337c36bd9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 650 per nag (plek vir 4) 53 5 1 5 Off Boontjies Rivier Witzenberg Game Park 6820 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.382214554209 19.209990682209

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang