Turksvy Tent
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fouriesburg-weg 93, Deel 3 van Landkloof, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Turksvy Tent bied selfsorgverblyf in Fouriesburg, met sy bergryke terrein, gunstige klimaat en magiese naghemel.
Hierdie tent bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n aparte badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet.
Die aparte oopplan-leefarea het 'n kombuis wat ten volle toegerus is met 'n koolstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Gerieflike leefarea met n kaggel vir die koue winters aande.
Daar 'n braai-area met groot tafel en sitplek. Die verblyf spog met pragtige uitsigte oor die terrein.
Parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Neem asseblief kennis dat die plaas slegs met 4x4 bereik kan word.
Krag word opgewek deur middel van 'n kragopwekker wat twee maal n dag aangeskakel word. Daar is geen selfoon sein of WIFI beskikbaar nie.
Vuurmaak hout word daagliks voorsien en ys is beskikbaar op aanvraag. Skoon drink water beskikbaar- boorgat.
Kom geniet die mooie Oos Vrystaatse Berge en natuurskoon. Daar is ook n gemerkte staproete op die plaas. Die sterre saans is n belewenis om na te kyk.
Clarens is 35km vanaf Fouriesburg.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Fouriesburg-weg 93, Deel 3 van Landkloof, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
Sien meer verblyf in Oos-Vrystaatse Hooglande Vrystaat
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fouriesburg-weg 93, Deel 3 van Landkloof, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang