Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tuscan Rose

Gastehuis
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maluti-laan, Bainsvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Tuscan Rose is omring deur pragtige tuine wat 'n rustige atmosfeer skep. Die klassieke argitektuur vorm die basis vir die eklektiese styl van die interieur, sowel as die eksterieur wat saam hierdie ruim en briljante blyplek in die hartjie van die Vrystaat skep.

Wanneer jy Tuscan Rose betree, skep die dekor onmiddellik 'n romantiese gevoel. Dit is die ideale plek vir 'n troue, of om jou geliefde na toe te bring vir 'n romantiese aand of naweek.

Tuscan Rose bied ook akkomodasie waar die bruid kan voorberei vir die groot geleentheid, en waar die nuutgetroude paartjie en/of familie die nag kan deurbring.

Hierdie eksklusiewe boetiek-gastehuis bied 3 gesellige kamers, en 'n familie-eenheid bestaande uit 2 kamers met 'n gedeelde badkamer. Hier kan jy ontspan, die romanse laat opvlam, of net saam met die familie kuier.

Ideaal vir konferensies. Die lugversorgde lokaal het sitplekgeriewe vir tot 200 persone, en data-projektors en skerms is permanent geïnstalleer. Ons het 'n hiper-moderne bandlose klanksisteem, en al die konferensie-bybehore soos witborde, baaiborde, penne, en notaboekies is beskikbaar op aaanvraag.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Philip G
Saam met lewensmaat
5.0
Rustigheid kan aanbeveel word. Behalwe vir geen warm water om te stort op 'n koue wintersoggend, dit was -4 grade. Alles wel.
Jul 2024
Bobbie C
5.0
Vriendelik en gasvry. My komplimente aan die mense van Tuscan Rose wat ons verblyf soveel eenvoudiger gemaak het. Veral aan Neil, wat uit sy pad gegaa...
Sien meer
Apr 2024
Con D
Saam met lewensmaat
5.0
Ek kan die gastehuis aanbeveel, daar is geen probleme van aankoms tot vertrek nie. Baie mooi, netjies en gerieflik. Die tuine is uitsonderlik mooi en ...
Sien meer
Mrt 2024
Francois R
Gesin met klein kinders
5.0
Die plek is verskriklik mooi. Dit is regtig waarde vir jou geld. Ligging is perfek vir 'n wegbreek. Ontbyt was baie lekker. Die mense was baie vriende...
Sien meer
Jun 2023
Melaine W
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies! Personeel is baie vriendelik. Baie netjies. Sal definitief weer daar gaan bly.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Neil Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Maluti-laan, Bainsvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Tuscan Rose het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bloemfontein Vrystaat
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Maluti-laan, Bainsvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7f0c8d4b73482c36faeb0507c7b1b4191ebc076b66126c1bc6554ba921a6d6abb6365f225ba9612b6c8c7fd7645f3fb65aae?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 12 5 1 5 6 Maluti Avenue Bainsvlei 9301 Vrystaat 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -29.061944444444 26.147444444444

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang