Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tuscany @ Sea 3

Selfsorg

Resensies

2.8/ 5

Gebaseer op 2 resensies


Netheid
3.0
Ligging
3.0
Waarde vir geld
2.5
Diens
1.5
Veiligheid
4.0
Nico M
Lang verblyf Gesin met tieners
3.0
Des 2024

Funsioneel maar nie 'n plek waar mens lank sal wil vertoef nie. Die basiese goed is beskikbaar, maar die plek is nie geskik vir ouers met 'n kind of kinders nie. Die sitkamer is so kompak dat daar nie regtig eers spasie is rondom die tafeltjie in die middel om gerieflik te kan beweeg nie. Die selfde geld vir die slaapkamer; die bed kan net in een posisie geplaas word waar die bedkassies nie langs die bedkopstukke inpas nie. Dit is dan ook so dat die bedlampies nie gekoppel is nie of by die voetenend van die bed is om gekoppel te kan word. Jy parkeer ook op die gras voor die deur in die buitelug. Die foto's is so geneem om die plek meer aantreklik te laat voorkom en ook die indruk skep dat dit naby die strand is, wat wel nie die geval is nie. Die foto van die trappe na die strand is omtrent 3 blokke se loopwerk. Daar word ook gesê in die advertensie dat DSTV beskikbaar is, wat nie waar is nie; daar is 'n OpenView dekodeerder in met die basiese kanale van SABC, E-TV, E-TV+ E-TV Movies, ens. Die basiese noodsaaklike toiletware beskikbaar in die badkamer was 'n 1/2 rolletjie toiletpapier, geen seep vir hande was nie. Kommunikasie was ook baie basies gewees. Al die vorige plekke waar ons bespreek het, het die eienaar ons voor ons aankoms gekontak via WhatsApp met al die nodige reëlings om die sleutels te kry, ens. Dit was ook die eerste plek waar ons ons eie krag moes koop.

Netheid
4.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Christo
Tuscany @ Sea 3
Beste Nico, baie dankie vir jou terugvoering. Ons (eienaars, Christo en Willie) is jammer om te hoor dat jy ongelukkig is met sommige aspekte van jou verblyf. Van ons kant af wil ons net graag 'n paar goed in perspektief stel. 1. Julle was spesifiek genooi om kontak te maak indien daar enige iets is wat julle nodig het. Ons het ook Annemarie se nommer vir julle gegee wat op die perseel woon, om enige klagtes of behoeftes te adresseer. Ons het geen klagtes of versoeke van julle ontvang nie. 2. Die tariewe vir die verblyf is markverwant, in werklikheid effens laer as soortgelyke meenthuise in dieselfde kompleks. Die tarief is gebaseer op die grootte, inhoud en ligging van die meenthuis. 3. Die afstand van die meenthuis na die see is 5 minute se stap. Dit is spesifiek gemeet. Ons is nie seker hoe jy die 3 blokke bepaal het nie. Die straat reg voor die meenthuis kompleks is die laaste straat voordat mens die straat reg teen die strand kry. Daarvolgens is dit tegnies een "blok" van die strand af. 4. Daar word nerens in die advertensie melding gemaak dat daar onderdak parkering beskikbaar is nie. Daar is egter meer as voldoende parkeer ruimte. Weer eens is dit in ag geneem by die bepaling van die tariewe. 5. Jy is korrek oor die dekodeerder en ons vra om verskoning vir die fout in die advertensie. Ons sal dit regstel. 6. Die advertensie maak dit duidelik dat die plekkie nie ideaal is vir meer as 2 volwassenes nie. Ons wil weer beklemtoon dat ons dadelik in julle behoefte sou voorsien het as julle ons of Annemarie bewus gemaak het daarvan. Weer eens dankie vir jou terugvoer. Dit help ons om dinge aan te spreek, wat binne ons vermoë is. Beste groete

Cornelius F C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.6
Nov 2022

Teleurgesteld. Op die foto's pragtig en ruim maar in wese beknop. Die badkamer en toilet wat uit die kombuis vloei het ons glad nie aangestaan. Kan my nie indink wat 'n gesin met kinders sal doen as enigeen 'n maag aandoening het. Eerste plek ook ooit waar ons vir krag moes betaal as dagbesoekers en waar jy laat opdaag en daar is geen krag op die meter, terwyl die eienaar 'n vereiste stel dat daar ten minste 60 eenhede moet wees wanneer ontruim word. Ook geen flitse ander ligte en/of gas kookgerei vir beurtkrag, wat ons nou al almal weet, aan die orde van die dag is. Ook geen onderdakparkering vir jou voertuig en selfs by die braai-area.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Christo
Tuscany @ Sea 3
Beste Cornelius. Baie dankie vir jou terugvoering. Ek is jammer om te hoor dat jy teleurgesteld is met sekere aspekte van jou verblyf. Van my kant af wil ek net graag 'n paar goed in perspektief stel. Ek het julle genooi om my te kontak indien daar enige iets is wat julle nodig het. Ek het ook Annemarie se nommer vir julle gegee wat op die perseel woon, om enige klagtes of behoeftes te addresseer. Ek het geen klagtes of versoeke van julle ontvang nie. Ek het moeite gedoen om julle te gaan haal toe julle nie die pad kon vind na die meenthuis nie. Hierdie terugvoering is dus vir my 'n verrassing. Die tariewe vir die verblyf is absoluut markverwant, in der waarheid effens laer as soortgelyke meenthuise in dieselfde kompleks. Die tarief is gebasseer op die grootte, inhoud en ligging van die meenthuis. Die ligging van die badkamer is volgens die oorspronklike ontwerp van die eenhede, soos deur die argitek ontwerp. Die badkamer het 'n deur en venster, wat voldoende is om die vertrek te isoleer. Ons sal nogtans ondersoek instel na die moontlikheid om 'n "extractor fan" te installeer. Daar word nerens in die advertensie melding gemaak dat daar onderdak parkering beskikbaar is nie. Daar is egter meer as voldoende parkeer ruimte. Weer eens is dit in ag geneem by die bepaling van die tariewe. Daar is kerse en blakers beskikbaar in die eenheid, om voorsiening te maak vir lig in die geval van kragonderbrekings. Gaste bring gewoonlik flitsligte saam of gebruik selfoon ligte vir ekstra beligting, omdat beurtkrag deesdae baie algemeen is. Ons sal nogtans 'n flitslig in die eenheid beskikbaar maak. Weer eens wil ek noem dat ek dadelik in julle behoefte sou voorsien het as julle my of Annemarie bewus gemaak het daarvan. Weer eens dankie vir jou terugvoering. Dit help my om dinge aan te spreek, wat binne my vermoe is. Beste groete

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.4/5

Christo Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Melkhoutstraat 47, Tuscany @ Sea, Mosselbaai, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa48f700f31b43315d99a8047af5488d1c11f2b68c19e9d803870011db7992afdb8d13a6f506b0a52baa5ebcc0aaf27e24c35?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 4) 2 5 1 3 47 Melkhout Street Tuscany @ Sea 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.065283886037 22.199346825108

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang