Beste Cornelius. Baie dankie vir jou terugvoering. Ek is jammer om te hoor dat jy teleurgesteld is met sekere aspekte van jou verblyf. Van my kant af wil ek net graag 'n paar goed in perspektief stel.
Ek het julle genooi om my te kontak indien daar enige iets is wat julle nodig het. Ek het ook Annemarie se nommer vir julle gegee wat op die perseel woon, om enige klagtes of behoeftes te addresseer. Ek het geen klagtes of versoeke van julle ontvang nie. Ek het moeite gedoen om julle te gaan haal toe julle nie die pad kon vind na die meenthuis nie. Hierdie terugvoering is dus vir my 'n verrassing.
Die tariewe vir die verblyf is absoluut markverwant, in der waarheid effens laer as soortgelyke meenthuise in dieselfde kompleks. Die tarief is gebasseer op die grootte, inhoud en ligging van die meenthuis.
Die ligging van die badkamer is volgens die oorspronklike ontwerp van die eenhede, soos deur die argitek ontwerp. Die badkamer het 'n deur en venster, wat voldoende is om die vertrek te isoleer. Ons sal nogtans ondersoek instel na die moontlikheid om 'n "extractor fan" te installeer.
Daar word nerens in die advertensie melding gemaak dat daar onderdak parkering beskikbaar is nie. Daar is egter meer as voldoende parkeer ruimte. Weer eens is dit in ag geneem by die bepaling van die tariewe.
Daar is kerse en blakers beskikbaar in die eenheid, om voorsiening te maak vir lig in die geval van kragonderbrekings. Gaste bring gewoonlik flitsligte saam of gebruik selfoon ligte vir ekstra beligting, omdat beurtkrag deesdae baie algemeen is. Ons sal nogtans 'n flitslig in die eenheid beskikbaar maak. Weer eens wil ek noem dat ek dadelik in julle behoefte sou voorsien het as julle my of Annemarie bewus gemaak het daarvan.
Weer eens dankie vir jou terugvoering. Dit help my om dinge aan te spreek, wat binne my vermoe is.
Beste groete