Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tweedal Country Cottage

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 42 Erfdeel 26, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Tweedal Country Cottage is 'n knus selfsorgeenheid op 'n werkende plaas in Voorbaatvallei naby Ladismith. Dit spog met asemrowende uitsigte op die majestueuse Klein Swartberge en bied 'n idilliese en gerieflike plattelandse toevlugsoord. Dit is perfek vir gesinne wat uit die stad wil wegbreek.

Dié eenheid bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die eenheid het 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas en 'n sentrale etenstafel met sitplek vir 6 toegerus is. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en die eenheid spog ook met 'n houtstoof. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Gaste het toegang tot braaigeriewe en kan die rustigheid van die pragtige Voorbaatvallei geniet. Die stoep het uitsigte oor die welige wingerde en op die Klein Swartberge. Gaste kan ook in die wingerde stap en in die besproeiingsdam swem. Verder is 'n koel bergswembad slegs 'n entjie se stap vanaf die kothuis.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Annelie P
5.0
Dit was 'n lafenis om by Tweedal aan te kom - weg van verkeer en dorpslawaai. Perfekte gerblyf gewees vir ons gesin.
Des 2024
Louis B
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en kalm omgewing en baie mooi berge. Ons het die verblyf baie aangenaam gevind.
Nov 2024
Pieter V
5.0
Rustige wegbreek. Baie nice, rustige plekkie weg van die hustle and bustle. Pragtige uitsig oor die berge. Ek's 'n enkelreisiger en het nooit onveilig...
Sien meer
Sep 2024
Cuan J
Gesin met klein kinders
5.0
Relaxing stay. The house was great. We enjoyed our stay. I will recommend Tweedal to anyone looking for a relaxing stay in the Klein Ka...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Louis B
Saam met lewensmaat
4.4
Baie lekker. Ja, ons het sommer baie lekker gebly.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Dirk Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Plaas 42 Erfdeel 26, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tweedal Country Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 42 Erfdeel 26, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb0a1576cf452afe948511602d17d4470496362d509b58945345ccb9dedb3ec7596ec45c3c52eafc701d74f878f23e9159b05?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 6 mense 5 5 1 5 Farm 42 Portion 26 Ladismith 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.466150693357 21.098939687139

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang