Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tweedal Country Cottage

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 42 Erfdeel 26, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Tweedal Country Cottage is 'n knus selfsorg-eenheid op 'n werkende plaas in Voorbaatvallei, naby die dorpie Ladismith. Dit spog met asemrowende uitsigte oor die majestueuse Klein Swartberge en bied 'n idilliese en gerieflike plattelandse toevlugsoord, perfek vir gesinne wat 'n wegbreek van die stad soek.

Dié eenheid het slaapplek vir tot 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer is gerieflik ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede en derde slaapkamers elk 2 enkelbeddens het. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die eenheid beskik oor 'n goed toegeruste kombuis met 'n tweeplaatstoof met 'n mini-oond, mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas en 'n sentrale etenstafel met sitplek vir 6. Die sitkamer het gemaklike rusbanke, en die eenheid spog ook met 'n houtstoof vir koue winterdae. Toegang tot gratis WiFi is ook beskikbaar.

Gaste het toegang tot braaigeriewe en kan die rustigheid van die pragtige omgewing van die Voorbaatvallei geniet. Ontspan op die stoep wat oor die welige wingerde en Klein Swartberge uitkyk. Stap deur die groen wingerde of swem in die besproeiingsdam. Boonop is 'n wonderlike, koel bergswembad 'n entjie se stap van die kothuis af.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Stort, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 2 resensies vir Tweedal Country Cottage
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Dirk Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 10 maande

Ligging

  • Plaas 42 Erfdeel 26, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tweedal Country Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 42 Erfdeel 26, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb0a1576cf452afe948511602d17d4470496362d509b58945345ccb9dedb3ec7596ec45c3c52eafc701d74f878f23e9159b05?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 6 mense 2 5 1 5 Farm 42 Portion 26 Ladismith 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.466150693357 21.098939687139

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang