Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tweede Wind

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kapakbossingel 32, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 800 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Tweede Wind Selfsorg Vakansiewoonstel in die kusdorpie Yzerfontein aan die Suid-Afrikaanse Weskus word deur 'n afgetrede egpaar besit en bestuur.

Tweede Wind is 'n baie netjiese en skoon, moderne selfsorgwoonstel, geleë op die grondvloer van 'n dubbelverdieping heuwelhuis, met 'n privaat ingang, en bied asemrowende onbelemmerde see-uitsigte.

Tweede Wind kan tot vier gaste in twee dubbelslaapkamers akkommodeer, waarvan een 'n anneks-enkelkamer het wat ideaal is vir 'n baba, twee badkamers, 'n oopplan-kombuisie, leefarea en 'n patio. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed, volledige en suite-badkamer en 'n plafonwaaier. Die woonstel is vir jou eksklusiewe gebruik en sal nooit met vreemdelinge gedeel word nie.

Die kombuisie is goed toegerus vir selfsorg en bevat 'n volledige yskas-vrieskas, tweeplaat-induksie-kookplaat met 'n afzuigkap, kompakte tafelblad-lugbraai-oond, mikrogolfoond, toebroodjie-rooster, koordlose ketel, eetgerei, breekware en 'n wye verskeidenheid van toebehore, en het ook 'n plafonwaaier. 'n Aanvangsvoorraad van tee, koffie, beskuit, ys, gebottelde water, brikette en vuuraanstekers word voorsien, ook 'n voldoende hoeveelheid skoonmaakmiddels, handseep en toiletpapier.

Die gemaklike leefarea beskik oor ligstoele, tafels en stoele, mobiele verwarmer en kniekomberse in die winter, 'n 50 cm-platskerm-TV, volledige DStv en Catch-up, en 'n TV-streamer met Netflix, Showmax en YouTube, 'n verskeidenheid handspeletjies , 'n verkyker en onbeperkte Wi-Fi. Die patio bied twee sonbeddens en 'n piekniekbank. Daar is 'n binnehuise houtskoolbraai (geen hout), en 'n Weber braai vir buite gebruik.

Veilige parkeerplek vir een motor, moontlik twee, is beskikbaar binne die perseel agter 'n gemotoriseerde hek, anders kan 'n tweede motor op straat geparkeer word. Die hele gebou is toegerus met 'n alarmstelsel met eksterne sensors en die gebied word deur 'n gewapende reaksie maatskappy en buurtwag gepatrolleer.

Aangesien die huis op skuins grond lê is daar 'n trap na die woonstel se ingang, en dus ongelukkig nie geskik vir rolstoele, of 'n bewegingsgestremde persoon nie.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 37 resensies vir Tweede Wind
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Mariaan Geverifieer

Eiendomme 45

Resensies 347

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Kapakbossingel 32, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tweede Wind het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 800
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R2 800
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kapakbossingel 32, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA927eb1be4c608a48dc4c73c23d289db5b99eec8ff87455bffb36c13cbca08a578e5779866c9d63ea96ef2e4c6e680252bc7e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag, vir 4 mense 37 5 1 5 32 Kapokbos Crescent Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -33.360181175352 18.161468207764

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang