TwinDiva's @ Point
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Puntstraat 4, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
TwinDiva's @ Point is 'n pragtige selfsorgeenheid met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in Mosselbaai. Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste wat luukse verblyf in die gesogte Point-area soek.
Die kombuis is oopplan en lei na die eetkamer. Die binnenhuise braai-area het stapelvensters en 'n see-uitsig. Daar is ook 'n kroegie waar gaste 'n drankie kan geniet.
Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede aparte badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne, handdoeke, toiletware en 'n haardroër word voorsien.
Die woonstel is met 'n gasstoof, mikrogolfoond, lugbraaier, yskassie en 'n yskas-vrieskas toegerus. Tee- en koffiemaakgeriewe is ook beskikbaar. Die nodige eetgerei en breekware word voorsien, insluitend borde, messe, vurke, glase en wynglase. Daar is ook 'n TV met die volle DStv-pakket in elke kamer, asook gratis, beperkte WiFi. Veilige parkeerplek vir 1 voertuig is op die perseel beskikbaar en ekstra parkeerplek is buite beskikbaar.
Die eenheid is met sonkrag toegerus om krag tydens kragonderbrekings te verseker.
Die woonstel is naby die strand geleë en ideaal vir reisigers, paartjies en klein gesinne. Daar is 'n rits winkels en restaurante naby en dit is maklik om die buurt te voet te verken. Besienswaardighede sluit Zipline, die Kaap St. Blaize-vuurtoring en 'n klein akwarium in. Daar is 'n aantal uitstekende restaurante stapafstand vanaf die eenheid. Die nuutgeboude Padel-bane is ook net 80 m ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Haardroër
- Mikrogolfoond
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
Ligging
- Puntstraat 4, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Beacon Point Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Puntstraat 4, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang