Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Astoni Guest Lodge Twins

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beefwood-straat 70, SE 3, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng
  • Vanaf R1 075 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Astoni Guest Lodge Twins is 'n stil gaste-lodge in 'n gesogte area in Vanderbijlpark, Gauteng, net 500 m vanaf die Emerald Resort and Casino. Die oord is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en maak van sonkrag gebruik. Daar is ook boorgatwater wat getoets, gesertifiseer en veilig is vir menslike verbruik.

Verblyf word in 9 eenhede gebied, naamlik Rejoice, Believe, Joy, Love, Grace, Hope, Peace, Prosper en Blessing. Daar is 2 aparte gemeenskaplike kombuise met 'n wasmasjien-tuimeldroër, gasstowe, oonde, mikrogolwe, broodroosters, yskas-vrieskaste, tee- en koffiemaakgeriewe, asook areas om te eet.

Rejoice, Believe en Joy het toegang tot die eerste kombuis. Grace, Hope en Peace het direkte toegang tot die tweede kombuis. Prosper is apart maar het ook toegang tot die tweede kombuis. Love het nie toegang tot 'n kombuis nie, maar het selfsorggeriewe in die eenheid. Al die eenhede het badkamers met storte.

Al die eenhede behalwe Joy bied slaapplek aan 2 volwassenes. Joy het slaapplek vir 4 volwassenes. Kinders kan geakkommodeer word met opblaasmatrasse, afhangend van die eenheid se grootte. Rejoice en Believe het slaapplek vir 2 gaste met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Joy het 2 driekwartbeddens en 'n dubbelbed. Al die ander eenhede het 'n dubbel- of koningingrootte-bed.

Elke eenheid het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, onbeperkte WiFi, 'n kluis, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie en digte gordyne. Joy en Love het elkeen 'n mikrogolf, broodrooster and 'n kas met eetgerei. Rejoice, Believe en Joy het houtstapeldeure wat na die stoep toe lei met 'n ingeboude braai en swembad. Peace het 'n direkte uitsig oor die swembed en het ook direkte toegang. Prosper het 'n houtdek met 'n uitsig oor die tuin en die swembad. Daar is 'n boma met ingeboude braaigeriewe.

Blessing is 'n aparte woonstel met 'n goed toegeruste kombuis, slaapkamer, sitarea en badkamer. Dit het 'n aparte ingang en 'n veilige, beskutte parkeerplek. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond-en-mikrogolf, verskillende mikrogolwe en 'n yskas-vrieskas toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien-tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Ander geriewe sluit 'n L-vormige rusbank, groot slim-TV met sekere DStv-kanale, lugversorging, onbeperkte WiFi, 'n kluis en 'n drombraai om buite te gebruik. Blessing is ideaal vir 'n enkelpersoon of 'n paartjie. Sakereisigers is ook welkom.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 76 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Laurika A
Gesin met klein kinders
5.0
Baie netjies. Als wat jy nodig het. Veilig. Vriendelike diens. Sien sterre.
Jul 2024
Lelanie V
Gesin met tieners
5.0
Ons het lekker gebly, was rustig en ontspanne, skoon, netjies en veilig. Ons as gesin was meer as tevrede met ons verblyf. Dit is 'n baie mooi, netjie...
Sien meer
Feb 2024
Gerrie B
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie en vriendelike mense, beslis 'n aanwins vir lekkebly. Goeie more, my verblyf vir die 10 dae was absoluut die geld werd, stil, rustige omgewing, ...
Sien meer
Jan 2024
Paul O
Saam met lewensmaat
5.0
Aangenaam. Ons het die kort tydjie baie geniet en sal weer daar tuis gaan.
Jan 2024
Adele V
Gesin met tieners
5.0
Vriendelike en behulpsame aangename ervaring. Ons het 'n laat bespreking gemaak en kon dadelik gehelp word. Die fasiliteite is van die hoogste standaa...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Anton Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 76

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Beefwood-straat 70, SE 3, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng
  • Gaste dink Astoni Guest Lodge Twins het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vanderbijlpark Gauteng
Vanaf
Vanaf R1 075
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 075
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 21 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beefwood-straat 70, SE 3, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA349dcf72abd3635e2496769f07d4c0ec36e59985b3ac136220111e076fd33c465edf15431e54c38316e0ee931decd957abff?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 075 per nag, vir 2 mense 76 5 1 5 70 Beefwood Road SE 3 1911 Gauteng 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -26.738381408189 27.853996304299

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang