Twogether
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Franlize Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 277
Op LekkeSlaap 10 jaar
Opsomming van Resensie
Talita M - Sep 2023
Algehele gradering
Skoon en netjies. Waarde vir geld.
Francesca B - Apr 2023
Algehele gradering
Perfect weekend stayover.
Carin K - Jul 2023
Algehele gradering
Vir kort verblyf is dit 'n baie lekker plekkie.
Sias L - Apr 2023
Algehele gradering
Woonplek het gebied wat nodig is vir 2 nagte.
Bennie B - Mei 2022
Algehele gradering
Very clean and neat place.
Elmarie V - Apr 2022
Algehele gradering
Baie lekker gebly, tuis gevoel.
Esron B - Okt 2022
Algehele gradering
Great venue.
Refiloe B - Mei 2022
Algehele gradering
Outdoor adventure.
Martin D - Des 2021
Algehele gradering
Fantasties.
Winston K - Apr 2021
Algehele gradering
Netjies met 'n mooi uitsig
Twogether se terugvoer
Liewe Winston, dit was vir ons heerlik om julle by ons te hè. Jul voel nou soos my familie en dit is 'n groot voorreg.
Makkie.
Be happy, keep safe.
Antoinette J - Apr 2021
Algehele gradering
Ons het lekker gebly en is bederf met beskuit, koffie, tee, suiker en melk asook ontbytpap!
Walter B - Des 2021
Algehele gradering
Baie goeie gasvryheid.
Twogether se terugvoer
Dit was 'n voorreg om julle by my, Twogether, te huisves.
Die oomblik as jul hier inkom, is jul familie.
So lekker vir my as besoekers aan onse dorpie hulself geniet.
Hoop om julle weer in die toekoms hier te ontvang.
Makkie
Charmaine N - Jun 2021
Algehele gradering
Koud. Maar lekker.
Twogether se terugvoer
Ja, ou Clarens se weer hou ons heeldag op ons tone.
Tipiese weervoorspelling, dis altyd elders mooi weer.
As mens net 'n bietjie van ons liefde en dankbaarheid in jul harte plekkie inneem, is ek dankbaar.
Dankie vir jul dierbare gaste wat my hart opkikker en laat uitsien na jul volgende kuiertjie.
Makkie
Ashleigh P - Des 2020
Algehele gradering
Amazing, peaceful, sweet.
Marzane W - Feb 2020
Algehele gradering
Pragtige skoon huisie met als wat nodig is.
Twogether se terugvoer
Liewe Marzanne,
Dit was vir ons heerlik om julle by ons te ontvang.
Dierbaar en vriendelik.
Die beste nuus vir jou, maar veral vir my.
Oom Deon het 'n backactor gehuur en van Maandag af begin skoon stoot.
Amper alles is al weg, nou moet ons net draad koop en toespan.
Ek is sò dankbaar.
T Makkie
Christine H - Jul 2019
Algehele gradering
Van die oomblik wat ons daar aangekom het, het tannie Makkie en oom Deon ons tuis laat voel.
Reagon C - Mei 2019
Algehele gradering
Dit was fantasties en onvergeetlik.
Susan V - Apr 2019
Algehele gradering
Fantasties.
Francelle S - Mrt 2019
Algehele gradering
Ongelooflike uitsig en gasvryheid van Makkie.
Nico M - Feb 2019
Algehele gradering
Baie goed geleë, naby die square en great kliëntediens.
Yolandé H - Des 2019
Algehele gradering
Waarde vir geld.
Twogether se terugvoer
Julle is die dierbaarste kinders! Dit was sò lekker om julle by ons te hê. Mooi jaar vir julle.
Mooi loop, tot ons weer kan kuier,
T Makkie
Shané P - Mei 2019
Algehele gradering
Lekker wegbreek van die stad. Eerste keer in Clarens!
Desiree P - Aug 2019
Algehele gradering
We had a great breakaway, located near everything.
Karina B - Jan 2019
Algehele gradering
Lekker rustig en mooi uitsig.
Tanya B - Jul 2018
Algehele gradering
Great view of a beautiful mountain! Clean and everything you need.
Unette L - Jun 2018
Algehele gradering
Rustig, netjies, plaaslewe, vars lug.
Twogether se terugvoer
Liewe Unette, dit was so lekker o julle hier by ons te hè.
Ek hoop julle ouens het 'n baie geseende en voorspoedige jaar wat voorlè.
Hoop ons sien julle sommer gou weer.
Lekker daggie,
T Makkie.
Alta M - Mei 2018
Algehele gradering
Fantasties.
Twogether se terugvoer
Alta, dankie vir jul liefde en vriendelikheid. Dit was vir ons 'n voorreg om julle by ons te hè. Jul voel al klaar soos familie.
Hoop om julle weer by ons te kan huisves.
Pragtige jaar vol verrassings wens ons vir julle ouens, toe.
Lekker daggie,
Makkie.
Darryn R - Jan 2018
Algehele gradering
Very nice.
Twogether se terugvoer
It was so wonderful to have you with us, so sorry your little toy pom didn't make it. You were like family, friendly, loving and a privilege to have you with us.
Hope you have a wonderful year.
Makkie.
Casper M - Nov 2018
Algehele gradering
Goeie waarde.
Ina J - Apr 2018
Algehele gradering
Baie vriendelike gasvrou. Netjiese huisie met al die benodighede.
Lees meerTwogether se terugvoer
Liewe Gustav en Ina, dit was vir ons heerlik om julle by ons te kon huisves.
Julle het baie diep in ons harte ingekruip en ons sal jul graag weer by ons wil ontvang.
Geniet jul naweek.
Makkie.
Andre D - Sep 2018
Algehele gradering
Aangenaam, netjies, vriendelik, maar reg oorkant die begraafplaas en munisipale dump, wat dit bietjie spoil.
Thys V - Jul 2018
Algehele gradering
Baie lekker gebly.
Twogether se terugvoer
Liewe Thys en Minda, dit was heerlik om julle ouens by ons te hè
Ja, met die perde, tans, hier langs ons, voel dit of ek terug is op die plaas.
Hul sal egter nou geskuif moet word, die veld is maar karig.
Hoop ons sien julle twee dierbare mense weer eendag hier by ons.
Bid julle 'n geseende, voorspoedige lewe, toe.
Tannie Makkie.
Chanzelle E - Des 2017
Algehele gradering
Allles was perfek!
Twogether se terugvoer
Liewe Chanzelle, dit was heerlik om julle by ons te hè. Julle voel al klaar soos familie.
Mag hierdie jaar gevul wees met seën, vrede, baie vreugde en sukses.
Makkie
Ronel V - Okt 2017
Algehele gradering
Pragtige, stylvolle plekkie, fantastiese mense.
Twogether se terugvoer
Danika, wat 'n voorreg was dit nie om julle hier by ons te hê nie. Dit is net jammer ek het nie meer tyd saam met julle spandeer en gekuier nie.
Ek wens julle net seën, vreugde en vrede toe.
Liefde
Makkie
Rosemarie L - Sep 2017
Algehele gradering
I had such a lovely welcome with my 6 dogs.
Twogether se terugvoer
Dear Rosemarie,
We really enjoyed accommodating you and your 4-legged kids. We love animals and your well-behaved dogs are always welcome here.
Regards,
Makkie
Stephane D - Sep 2017
Algehele gradering
Netjies goed toegerus.
Christo G - Apr 2017
Algehele gradering
Uitstekende plekkie met die mooiste uitsig!
Twogether se terugvoer
Beste Christo,
Dit was heerlik om jou en Lee weer by ons te kon huisves, julle voel al soos ons eie kinders. Ons bid vir julle 'n pragtige jaar vorentoe.
Groete,
Makkie
Rina D - Nov 2017
Algehele gradering
Gerieflik, skoon, vriendelike ontvangs.
Lees meerTwogether se terugvoer
Hallo Rina, dit was 'n fees om julle vier en kind by ons te kon huisves. Julle honnekinders het ook net lekker ingepas.
Mag jul baie seen vrede en vreugde vorentoe beleef en ons sien uit daarna om julle dierbare mense weer by ons te hè.
Makkie
Karin D - Aug 2017
Algehele gradering
Wonderlike gasvryheid!
Twogether se terugvoer
Liewe Karin,
Dit was vir ons 'n voorreg om julle by ons te huisves. Julle het dadelik in my hart gekruip...ons tipe mense! Hoop om julle weer gou by ons hê.
Mooi daggie en baie seën en voorspoed met alles wat vir julle in die toekoms wag.
Baie liefde,
Makkie
Leonel V - Jul 2017
Algehele gradering
Was regtig baie lekker.
Naomi S - Apr 2017
Algehele gradering
Daar is werklik niks wat kortkom in die selfsorg eenheid nie.
Lees meerTwogether se terugvoer
Liewe Naomi, dit was heerlik om julle twee by ons te huisves.
Sal die manne bietjie 'nag' dat hul 'n plan maak met reeling. Veral ons kortes sukkel bietjie, nè.
Dit sal heerlik wees om julle weer by ons te kan hè. Klaar in my hart ingekruip.
Baie liefde vir julle.
Makkie
Daniel R - Jul 2017
Algehele gradering
Baie lekker 'cozy' en gemaklik!
Lees meerTwogether se terugvoer
Liewe Daniël, dit was vir ons 'n groot voorreg om julle twee vriendelike dierbare jongmense by ons te huisves.
Ek en Vesta het lekker met Jamie en Lientjie gespeel.
Ons hoop om julle ouens gou weer by ons te hè.
Groete,
Makkie.
Johan K - Mrt 2017
Algehele gradering
Heerlik gebly, puik diens, sal weer teruggaan.
Twogether se terugvoer
Baie dankie, Johan! Julle was net te kort by ons! Ons hoop ons sien julle sommer spoedig weer.
Groete,
Makkie
Suzanne B - Nov 2017
Algehele gradering
Dit was wonderlik om hier te rus.
Twogether se terugvoer
Ai Suzanne, en daar kon ons net vir 'n rukkie kuier, maar ai, ons ou seuntjie is 'n gawe van bo. Net jammer ons kon net tot Sondag bederf en geniet.
Dit was heerlik om julle by ons te hè, vrolike en heerlike gaste om op onse werf te hè.
Mag julle 'n wonderlike geseende feestyd hè en volgende jaar mag jy die geleentheid kry om sommer baie vrouens mooi te maak en hul selfbeeld bou.
Hoop ons is weer eendag bevoorreg om julle by ons te huisves.
Baie seen vir julle,
Makkie
Theo & Mandi K - Okt 2017
Algehele gradering
Gulde ontvangs met bederfies van beskuit en lekkernye, met vars melk en koffie.
Twogether se terugvoer
Dit was so lekker om julle by ons te hê, jy het darem die dankbaarste, borrelende mens vir 'n vrou Theo, geniet en koester haar.
Ek hoop ek kan volgende jaar vir julle sneeu hier by ons hê.
Liefde en groete
Makkie
Ingrid M - Jul 2017
Algehele gradering
Home away from home.
Twogether se terugvoer
Liewe Ingrid en Mia,
Vir ons was dit 'n fees om julle by ons te kon akkomodeer. Dit is altyd 'n voorregom mense wat in ander lande werk en woon, se lewensstyl te leer ken en om meer kennis op te doen, dit verbreed ons uitkyk op die lewe. Mia, geniet Rusland, bêre elke nuwe ondervinding in jou hart.
Ons hoop om jul spoedig weer by ons te verwelkom.
Groete,
Makkie
Michaela M - Des 2017
Algehele gradering
Home away from home.
Lees meerTwogether se terugvoer
Dear Michaela and Jessica,
So enjoyed to have you you girls with us, fun and friendly.
Jessica, we hope everything is well with your father, and the two of you, micaela and Jessica had a funfilled Christmas.
Hope we see you soon. Oom Deon and tannie Makkie.
Anonieme gas - Jun 2017
Algehele gradering
Danika P - Okt 2017
Algehele gradering
Baie lekker gebly, gasvryheid uit die boeke uit!
Twogether se terugvoer
Beste Danika,
Dit was heerlik om julle by ons te kon huisves. Julle het vroeg gery so die reën gemis.
Hoop ons sien julle weer.
Groete,
Makkie
Niekie D - Apr 2017
Algehele gradering
The view on the graveyard and dumping site is not pleasant.
Twogether se terugvoer
Liewe Niekie, ek is so jammer dat julle onveilig gevoel het by ons. Ons sal nooit ons gaste in gevaar stel nie. Julle, ons gaste is vir ons te veel werd. My motto was nog altyd.
'The people who come to our house are under our protection. I must make them happy and comfortable, and give them everything I have.
Vir ons was dit 'n voorreg om julle by ons te kon huisves.
Beste wense, Makkie
Sally S - Mrt 2017
Algehele gradering
Comfortable and clean.
Twogether se terugvoer
Dear Sally,
Thank you for your feedback, wish we had you with us for a little longer. We wish the four of you all the best!
Greetings,
Makkie
Kotie A - Des 2016
Algehele gradering
Fantasties.
Twogether se terugvoer
Baie dankie vir jul liefde teenoor ons. Vesta mis julle baie, wag om te gaan stap.
Ons bid julle baie seen, vrede en vreugde toe, in hierdie kersseisoen.
Makkie
Bronwyn D - Des 2016
Algehele gradering
Very neat, tidy and welcoming.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Baie netjies en goeie verwelkoming.
Die eienaars is lieflike mense en ons het baie tuis gevoel. Die plek was netjies en ons het alles gehad wat nodig is vir 'n pragtige besoek aan Clarens.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Twogether se terugvoer
Thank you ever so much, Bronwyn, it was sò wonderful to have you and your prescious son with us.
We wish you a wonderful year with much love, and good fortune, for the year 2017.
Hope to have you with us, again.
Makkie
Raen R - Jun 2016
Algehele gradering
Gasvry, vriendelik, netjies en snoesig!
Twogether se terugvoer
Hi Raen, dit was heerlik om jou en Anette by ons te hê, net jammer dit was sò kort, sou jul graag langer by ons wou huisves.
Ek wens jul 'n mooi geseënde en prettige jong lewe toe.
Warm groete uit 'n koue Clarens
Tannie Makkie.
Ulla L - Jun 2016
Algehele gradering
The stay was lovely.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Lieflike verblyf.
Lieflike verblyf! Ons het dit baie geniet - die kamers en die beddens was heerlik warm. Baie dankie!
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
Twogether se terugvoer
Baie dankie julle dierbare 3 kinders. Jammer ek kon nie vir julle sneeu, baie sneeu gegee het nie.
Dit was vir ons heerlik om julle hier te hê.
Warm groete uit 'n koelerige Clarens.
T Makkie.
Eleanora S - Aug 2016
Algehele gradering
Pragtig, skoon verblyf en baie dankie vir die gasvryheid. Tot weersiens
Twogether se terugvoer
Baie dankie Eleanora, dit was heerlik om jou hier by ons te hê. Ek is so bly dat jy weer bande met jou Vrystaatse vriende kon stywer trek. 'n Mooi geseënde jaar vol vreugde vrede en sukses bid ons jou toe.
Till we meet again.
Warm groete,
Makkie.
Dané B - Jul 2016
Algehele gradering
Baie vriendelike mense wat uit hul pad uit gaan om jou tuis te laat voel.
Twogether se terugvoer
Baie dankie my kind, ek wens sò ek kon jul ontmoet. Maar as jou enigste dogter in Pretoria wil trou, mis g'n ma dit nie.
Hoop dat ons jul weer eendag by ons kan huisves dat ons meer as net telefonies kan kuier.
Mooi daggie vir julle.
Makkie.
Nico D - Okt 2016
Algehele gradering
Skoon en netjies en volledig toegerus met gasvrye en vriendelike ontvangs deur Makkie.
Twogether se terugvoer
Baie dankie! Dit was heerlik om julle 2 van Hartenbos by ons te ontvang, het gevoel of ek so 'n bietjie van die see by my kon vasvang. Ek hoop ons sien julle weer.
Wees gelukkig en gaan sit vir 'n rukkie op die strand en dink aan ons hier in die verre Vrystaat.
Makkie.
James E - Jul 2016
Algehele gradering
Baie aangename ondervinding en ons het heerlik gebly.
Twogether se terugvoer
Liewe James en Elmarie, vir ons was dit sò lekker om julle by ons te hê, wens ek kon vir jul warmer weer bestel, maar die ou Vrystaat bly maar koud.
Hoop julle het 'n wonderlike lewe vol verrassings, hoop ons sien jul weer.
Liefde, Makkie
Morne C - Jun 2016
Algehele gradering
Vriendelik en gasvry, heerlik gebly by Tannie Makkie en Oom Deon.
Twogether se terugvoer
Liewe Morné en Anore,
Dit was sò lekker vir ons om julle hier by ons te hê. Julle het gevoel soos onse eie en wens jul kon langer by ons gebly het.
Geniet jul jong lewe!
Warm groete,
Tannie Makkie.
Danie N - Nov 2016
Algehele gradering
Gerieflik en met vriendelike gasvrou en gasheer.
Twogether se terugvoer
Beste Danie, baie dankie vir jou terugvoer. Ai, hoe graag sou ek nie ook die omgewing wou verander nie! Ek slaan maar aldag my oe op na die berge, dan voel ek ampertjies weer soos op die plaas.
Ek sal spaar vir dakwaaiers, maar oor die algemeen regverdig Clarens temperature nie werklik lugversorging nie.
Ons wens jou baie seen en voorspoed toe.
Makkie
Johan P - Nov 2016
Algehele gradering
Voldoen aan verwagting.
Twogether se terugvoer
Baie dankie, Johan, baie seen en voorspoed wens ek julle toe, as onderwysers, met sò 'n belangrike en meesal, ondankbare beroep in die onderwys. Ook vir jul dogter met die finale belangrike fase van haar skool loopbaan, wens ek 'n geseende voorspoedige toekoms, toe.
Warm groete,
MAKKIE
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Naudestraat 691, Clarens, 9707, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang