Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tygerhoek Karoo Mountain Retreat

Selfsorg

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Jurgen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 2 jaar

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 7 resensies vir Tygerhoek Karoo Mountain Retreat
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5
Louise B - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louise B

Fantastiese plaasatmosfeer.

Verblyf was rustig, pragtig en vreedsaam.

Luzaan J - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Luzaan J

Stilte weg van daaglikse geraas. Plek is ideaal vir wegbreek en om te ontspan.

Plek was fantasties. Rustieke voorkoms en omgewing van die woning 10 uit 10 i.

Johann G - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johann G

Fantastiese wegbreek.

Ons het 2 aande in die Leopard Rock huisie gebly. Alles wat ons nodig gehad het was beskikbaar. Die enigste negatief was die waterdruk probleme wat veroorsaak het dat warm water nie deurlopend beskikbaar was die naweek nie, maar daar was aandag gegee toe ons bestuur hieroor in kennis gestel het. Ander probleem is omdat ons 30min se ry weg van enige sein is, maak dit kommunikasie moeilik met bestuur indien daar probleme is, iets waaraan dalk aandag gegee kan word vir die toekoms. Behalwe die water probleme was die naweek perfek. Die rustigheid is wonderlik en die omgewing is bleedskoon. Ons sal definitief weer terug wees.

Tygerhoek Karoo Mountain Retreat se terugvoer

Baie dankie vir jou kommentaar Johann, dit word baie waardeer.

Wat die waterdruk probleem betref, was dit as gevolg van lug slotte wat die toevoerpyp binnegekom het na 'n pyp breuk wat net voor jou besoek plaasgevind het. Dit is nou ten volle opgelos en volle druk herstel. Ons vra weereens om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak is.

Beste wense, die Tygerhoek Span

Tygerhoek Karoo Mountain Retreat
Chantell S - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chantell S

Pragtige natuurskoon.

Baie lekker en gemaklike huisie waarin ons gebly het. Kamers is heerlik ruim, baie mooi en netjies. Kan hulle regtig aanbeveel as mens 'n wegbreek nodig het. My tieners het dit netso geniet.

Tygerhoek Karoo Mountain Retreat se terugvoer

Baie dankie vir jou vriendelike kommentaar Chantell, dit word baie waardeer. Die Tygerhoek Span.

Tygerhoek Karoo Mountain Retreat
Ej D - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ej D

Uitstekende diens en wonderlike plek.

Een van beste plekke in die Wes-Kaap vir 'n veilige, rustige wegbreek.

Tygerhoek Karoo Mountain Retreat se terugvoer

Dankie vir jou wonderlike kommentaar Hardie.
Ons waardeer dit baie.
Die Tygerhoek span.

Tygerhoek Karoo Mountain Retreat
Laurianne L - Mei 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Laurianne L

Die huisie was perfek.

Rustige plek vir 'n naweek-wegbreek. Die pad tot by die huis was nie so sleg tydens ons besoek nie. Die huis was perfek. Skoon, netjies en alles werk. Daar is werklik aan alles gedink om gaste tuis te laat voel. Met klein kinders kan dit moeilik wees want die twee slaapkamers is slegs bereikbaar van buite en jonger kinders kan dit moeilik vind om in aand rond te beweeg.

Tygerhoek Karoo Mountain Retreat se terugvoer

Liewe Laurianne,
Baie dankie vir jou vriendelike kommentaar, hulle word baie waardeer.
Die Tygerhoek Span.

Tygerhoek Karoo Mountain Retreat
Denise V - Nov 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Denise V

Rus vir die siel, in die natuur en akkommodasie is lieflik.

Tygerhoek Karoo Mountain Restreat het ons verwagtinge ver oortref! Behalwe vir die prag natuurskoon was die akkommodasie regtig lieflik en waarde vir geld. Alles was baie mooi skoon en netjies, die plek het sommer lekker skoon en vars geruik! Daar is moeite gedoen om te verseker dat alles wat nodig is beskikbaar is, van bordspeletjies tot 'n koffie plunger. Die gastehuis se gehaltebeddens en beddegoed was 'n heerlike bederf en die seep en room van uitstaande gehalte. Daar was 'n blik met heerlike beskuit ter verwelkoming (baie dankie!) en ons het dit vroegoggend geniet bo-op die dak-dek wat uitkyk oor die pragtige berge. Daar is regtig baie moeite gedoen met hoekies en draaitjies wat mens kan sit en ontspan om die natuurskoon van elke hoek af te geniet. Die buitestorte en toilette is pret! Ons kinders het die plonspoel vreeslik geniet na elke fietsry. Ons het nie van hulle geweet nie! Omdat die plek so afgeleë is was dit gerusstellend dat oom Johan ons tot by die deur geneem het en alles mooi aan ons verduidelik het, selfs waar ons sein kon kry sou dit nodig wees (gelukkig was dit nie nodig nie, en ons het dit ook nie gemis nie!). Ons sal beslis weer soontoe gaan!

Tygerhoek Karoo Mountain Retreat se terugvoer

Dankie vir jou vriendelike woorde en pragtige resensie, Denise. Ons waardeer regtig die terugvoer.
Julle was wonderlike gaste en dankie dat jy die huisie so mooi versorg het.
Ons sien daarna uit om jou weer te sien.

Die Tygerhoek span!

Tygerhoek Karoo Mountain Retreat
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R2 000
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tygerhoek-plaas, Touwsrivier, 6880, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcd452461a044f9462f42302001b8000257cb01889c6aa111ce6b5e697bcfe616e7f4579850b0c71695622806c5498b53edf6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 5) 7 5 1 5 Tygerhoek Farm Touwsrivier 6880 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-17:00 10:00 -33.373475991092 20.161676788764

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang