Uiteindelik
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6de Laan 27, Arniston, 7280, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Uiteindelik is in die kusdorpie Arniston, net 'n entjie se stap vanaf Kassiesbaai-hawe en Arniston-strand geleë. Die huis is ook naby talle annder strande soos Die Otter-strand (2,8 km) en Romans-strand (1,5 km) en hiér sal gaste deur eindelose aktiwiteite en 'n vars seebriesie meegesleur word.
Die vissermanstylhuis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Die aparte badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet. Alle linne, badhanddoeke en seep word voorsien.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, lugbraaier, koffiemasjien en 'n broodrooster toegerus is. Daar is ook 'n menger, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die kombuis lei na 'n oopplan-leefarea met 'n etenstafel, L-vormige rusbank, en 'n TV teen die muur. 'n Ekstra TV-kamer met gemaklike rusbanke is ook beskikbaar. Gratis WiFi word voorsien.
Die huis spog met 'n kuierarea met 'n speletjiestafel, gemaklike stoele en 'n binnebraai. Buite is daar 'n pragtige uitsig en 'n onderdakstoep met buitemeubels.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
- Kaggel
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Ligging
- 6de Laan 27, Arniston, 7280, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 6de Laan 27, Arniston, 7280, Wes-Kaap