Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Uitkyk House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 2313, Waterkop, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 800 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Uitkyk House is 'n bekoorlike selfsorghuis op 'n rustige plaas in die Waterkop-area aan die buitewyke van Prins Albert. Dié dorpie skuil onder die Swartberg in die Karoo en bied 'n verskeidenheid doendinge, van wyn-, olyf- en kaasproe tot sterrekyk.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim leefarea met 'n kombuis en lugversorging. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas, gasstoof, oond en 'n mikrogolfoond toegerus. Die opwaskamer het 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die leefarea het 'n TV met DStv en 'n kaggel. Die eenheid bied toegang tot 'n stoep met 'n tafel met sitplek vir 10 gaste en 'n braai-area.

Gaste is welkom om in die swembad met 'n uitsig oor die plaas af te koel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Karen D
5.0
Luukse lekkerte! Net soos die vorige besoek in 2021, het die huis aan alle standaarde voldoen. Mens hoef net jou klere en kos saam te bring. Alles is ...
Sien meer
Nov 2024
Louise V
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflike ruim huis met ongelooflike uitsig oor Karoo vlaktes. Die ligging van die huis wat oor die Karoo vlaktes uitkyk, was so goed om te beleef. Rui...
Sien meer
Okt 2024
Lorenne O
Saam met vriende
5.0
Wat 'n Karoo verrassing! Sal beslis teruggaan. Dit was 'n heerlike verblyf.
Sep 2024
Tony K
Saam met lewensmaat
5.0
Very well equipped, large home just outside town. Beautiful view across the Karoo. An amazing house just outside the accommodation. Clo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Nico P
Saam met vriende
5.0
Rustig, veilig en gemaklik. Die ligging en die huis is baie mooi en smaakvol. Madri is baie gaaf en behulpsaam. Ek sal vir seker weer 'n draai maak.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Madri Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Erf 2313, Waterkop, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink Uitkyk House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 3 800
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 2313, Waterkop, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAZMrwcN4Jz8KyorFtF14XuJgswXnjR5rj555bGkMSQfYUJX8MP9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 800 per nag, vir 6 mense 65 5 1 5 Erf 2313 Waterkop 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.20819 22.04997

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang