Uitsig Akkommodasie
Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uitsig Plaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 200R960 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Uitsig Akkommodasie is op 'n Rooibosteeplaas in die noordelike deel van die prentjiemooi Sederberge. Dit is ongeveer 50 km noordoos vanaf Clanwilliam en bied rustige verblyf wat omring word deur die natuur.
Die tweeslaapkamerwoonstel bied slaapplek aan 6 gaste. Die een kamer is afgehok van die leefarea en is steeds privaat met 'n deur. Die 2 slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Daar is 'n bababedjie en aparte matras vir kinders 6 jaar of jonger op versoek beskikbaar. Slegs lakens word daarvoor voorsien. Daar is 2 aparte storte met wasbakke en 3 aparte toilette met 'n wasbak. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n tafel met 6 stoele. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke.
Gaste kan lekker buite braai en die prentjiemooi omgewing geniet. Op die plaas kan jy lekker gaan stap en in die veld en piekniek hou. Daar is ook rotsagtige areas waar rotstekeninge gesien kan word. Gedurende die blommeseisoen is die plaas oortrek met veldblomme.
'n Toer van die plaas is beskikbaar teen 'n addisionele koste met vooraf reëling. Dit is onderhewig aan beskikbaarheid.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lesche Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 11 maande
Ligging
- Uitsig Plaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
- Gaste dink Uitsig Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uitsig Plaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang