Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Uitvlugt Ponds

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitvlugt-plaas, Langs die R540, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Uitvlugt Ponds is op 'n plaas 17 km van Dullstroom af.

Verblyf word in 2 selfsorg-eenhede aangebied en dit maak van sonkrag en fonteinwater gebruik. Dit het ook pragtige uitsigte oor die foreldamme, wild en die omgewing.

Evening Rise Cottage het 'n privaat ingang, dubbelbeddens, enkelbeddens en 'n privaat badkamer. Ekstra komberse word voorsien. Die eenheid het 'n kombuis met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan hul maaltye in die eetarea geniet. Die eenheid lei na 'n stoep. Braaigeriewe en parkeerplek is beskikbaar. 'n Krat hout word voorsien. Die kothuis het 'n kaggel vir koue dae.

Lake View Cottage is 'n ruim kothuis met 3 en suite-slaapkamers en 'n solder. Die kothuis het 'n binnebraai en kaggel vir koue wintersaande. Die eerste en tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die solderkamer het plek vir 4 gaste. Ekstra komberse is beskikbaar. Elke en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye in die eetarea geniet. Die kothuis lei na 'n stoep met braaigeriewe. Veilige parkeerplek word voorsien.

Die plaas bied 2 Ama Poot-Poot-staproetes en gaste kan fietsry, kunsvlieghengel, swem of voëlkyk. Daar is verskeie riviere, damme en watervalle op die plaas en talle voëls en wild kan hiér gesien word.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Jh V
Saam met lewensmaat
5.0
Netjiese en gerieflike akkommodasie. Puik gasvrou. Heerlik stil en rustig. Baie netjiese plek met alles wat nodig is.
Apr 2024
Anthony C
5.0
Absolutely awesome. Amazing views. Peaceful. Very safe.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Jh V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly en alle geriewe in die huis! Heerlik stil en rustig. Baie wild gesien en daar is pragtige wandelpadjies! Sou net wou vra dat daar 'n...
Sien meer
Feb 2024
Rita B
Saam met lewensmaat
5.0
Rusplek vir die siel, pragtig, netjies. Wat 'n wonderlike voorreg om 'n stukkie van hierdie pragtige omgewing te kon geniet. As jy opsoek is na vrede ...
Sien meer
Jan 2024
Annelie V
Saam met vriende
5.0
Ruim huis in 'n pragtige omgewing met fantastiese staproete. Netjiese verblyf in 'n ruim huis. Alles wat 'n mens nodig het vir 'n lekker kuier saam me...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Vera Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Uitvlugt-plaas, Langs die R540, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Uitvlugt Ponds het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitvlugt-plaas, Langs die R540, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAACdJpiIPeZUjjJPM6thKARkSA0l4xJgBwgzWZrQ8nn9scWUgbhu?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 Farm Uitvlugt Off the R540 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.476344935885 30.031234260201

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang