Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ukarimu Guest House

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marmerstraat 32, Wilkoppies, Klerksdorp, 2572, Noordwes
  • Vanaf R700 R630 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ukarimu is geleë in 'n stil woonbuurt van Klerksdorp, 'n dorp in Noordwes. Klerksdorp is net 175 km van Johannesburg af op die N12 op pad na Kimberley en Kaapstad.

Ons smaakvol gemeubileerde dubbelkamers het en suite-storte en is rolstoelvriendelik. Elke kamer het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, yskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe.

'n Ommuurde swembad en ontspanningsarea is ook tot gaste se beskikking. Gaste kan gerus op die patio of langs die swembad ontspan. Daar is draagbare braaiers en 'n pragtige tuin met heelwat voëls.

Ons akkommodasie is hoofsaaklik toegespits op sakereisigers en besoekers aan die nabygeleë Wilmed Park Hospitaal. Supermarkte, winkels, banke en verskillende OTM's, apteke, dokters en tandartse is binne 'n 2 km radius van die gastehuis af.

Ons bedien soggens 'n Engelse of Kontinentale ontbyt. Die Kontinentale ontbyt bestaan uit vars vrugte, joghurt, sap, ontbytgraan, brood, kaas en konfyt. Ons kan ook hierdie ontbyt vooraf in jou yskas pak sodat jy dit op jou eie tyd kan geniet. 'n Warm, volledige Engelse ontbyt met spek, eiers, sampioene, wors en meer word bedien op die stoep met 'n uitsig oor die swembad. Aandete is ook beskikbaar indien jy verkies om nie een van die uitstekende restaurante in die omgewing te besoek nie.

Neem asb. kennis: daar is honde op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 121 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Jolene T
Besigheidsreis
5.0
Pragtige plekkie, binne en buite. Andre en ander staff baie vriendelik. Baie lekker gebly. Andre was baie vriendelik en die plekkie is 'n juweel in Kl...
Sien meer
Jun 2024
Veronique V
Gesin met klein kinders
5.0
Will recommend. Was perfect for our needs. Clean and cozy. Wonderful night's stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Tina S
5.0
Baie lekker. Ja, heerlik. Baie vriendelike diens.
Jun 2024
Lerina B
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig lekker voldoende. Was heerlik, rustig en lekker. Geen probleme ervaar.
Mrt 2024
Elriette J
5.0
Vriendelik profesioneel, netjies heerlike kos. Baie aangenaam gewees. Vriendelike en profesionele diens. Sal enige tyd aanbeveel.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Karin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 121

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Marmerstraat 32, Wilkoppies, Klerksdorp, 2572, Noordwes
  • Gaste dink Ukarimu Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
R700 R630
per nag, vir 2 mense
Vanaf R700
R700 R630
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marmerstraat 32, Wilkoppies, Klerksdorp, 2572, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9fab5de96632746d60bc8d481383b19a453432f0fd9e838c88ceaeb8f918482f03734ddd36a523390d0591dcfd91ce30fee7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R700 nouVanaf R630 per nag, vir 2 mense 121 5 1 5 32 Marmer Street Wilkoppies 2572 Noordwes 021 201 8901 13:00-21:00 10:00 -26.827089061612 26.676957160234

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang