Ukuta Private Game Reserve
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R33, Ventersfontein Plaas, Vaalwater, 0530, Limpopo
- Vanaf R3 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ukuta Private Game Reserve is langs die R33 naby Vaalwater geleë en bied gehalte-verblyf vir 'n gesin, natuurliefhebbers of 'n groep vriende.
Verblyf word in 2 Deluxe-chalets wat elkeen slaapplek vir 3 gaste het en 2 safari-tente wat elkeen slaapplek vir 2 gaste het aangebied. Elke chalet het 'n koningingrootte-bed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Elke tent het 2 enkelbeddens en deel ablusiegeriewe met 'n ander tent. Die ablusigeriewe het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Daar is lieflike braaigeriewe en 'n swembad.
Ukuta Private Game Reserve spog met 2 wildkykskuilings waar besoekers tot 10 m van die wild in die Bosveld af kan wees. Dit bied fotograwe 'n uitstekende geleentheid om voëls wat net 3 tot 5 m ver water drink, af te neem. Kom hou saans wild dop, soos bosvarke, hiënas, ratels, sivetkatte, kleinwild en buffels. Gaste kan ook in een van die skuilings oornag.
Ukuta bied perdry by 'n nabygeleë plaas, sowel as privaat toegang tot wildritte in 'n Groot 5-wildreservaat sowat 30 minute se ry van Ukuta af.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- R33, Ventersfontein Plaas, Vaalwater, 0530, Limpopo
- Kapasiteit: 10 persone
- Geen kinders onder 16
-
Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R33, Ventersfontein Plaas, Vaalwater, 0530, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang