Umami De Vaal River Lodge
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boundary-weg 29, River Lodge Estate, Parys, 9585, Vrystaat
- Vanaf R5 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Umami De Vaal River Lodge is 'n lieflike selfsorg-vakansie-houthut wat in die River Lodge Estate op die oewer van die Vaalrivier geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesin wat die stad se gewoel wil ontsnap, want hierdie hut spog met 'n uitnodigende jacuzzi op die balkon.
Dié hut kan tot 10 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en maak oop op 'n privaat balkon wat oor die oord uitkyk. Dit beskik ook oor 'n bad in die kamer vir volle ontspanning. Daar is nog 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het en die oorblywende 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. 'n Stort, wasbak en toilet is beskikbaar in die ander 2 badkamers.
Die knus oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware asook 'n wasmasjien. Van die kombuis af lei 'n ontbytkroeg met stoele en 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Gratis onbeperkte Wi-Fi is beskikbaar.
Dié leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Hierdie houtdek beskik ook oor 'n kroeg, 'n gasbraai en 'n uitnodigende jacuzzi wat die perfekte plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Gaste het volle toegang tot die oord se doendinge op die perseel soos 'n gemeenskaplike swembad, tennisbane, ontspanningsgeriewe vir kinders en bergfietsry.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildkyk
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Puleng Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Boundary-weg 29, River Lodge Estate, Parys, 9585, Vrystaat
- Gaste dink Umami De Vaal River Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Noordelike Vrystaat Vrystaat
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boundary-weg 29, River Lodge Estate, Parys, 9585, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang