Umkumbe Bush Lodge Luxury Tented Camp
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 33 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R536, Sabie Sands Wildreservaat, Sabie Park, 1260, Mpumalanga
- Vanaf R9 400 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Umkumbe Bush Lodge Luxury Tented Camp is in die suidelike deel van Sabi Sand, direk langs die Krugerwildtuin geleë. Die reservaat bied aan gaste die geleentheid om met 2 wildritte per dag die Groot 5 te sien.
Die intieme boskamp bied slaapplek aan 26 gaste in luukse tente. Elke tent het 'n koninggrootte-bed met 'n muskietnet en tee- en koffiemaakgeriewe. Komplimentêre water word in elke tent voorsien, en die tarief sluit 3 maaltye per dag en 2 wildritte met 'n skemerkelkie en peuselhappies in.
Die kamp spog met 'n pragtige boma waar aandetes langs die kampvuur bedien word, sowel as 'n hoofgebou wat aan 'n boomhuis herinner, waar gaste by die gelisensieërde kroeg 'n drankie kan drink of in die swembad kan afkoel.
Die dek spog met 'n rustige atmosfeer en 'n uitsig oor 'n watergat waar wild gedurende die dag kom water drink. Ontbyt en ligte middagetes word ook in 'n splinternuwe eetarea bedien.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Langs die R536, Sabie Sands Wildreservaat, Sabie Park, 1260, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Sabi Sand Game Reserve Mpumalanga
- Kapasiteit: 33 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R536, Sabie Sands Wildreservaat, Sabie Park, 1260, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang