Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

UmnDeni Africa

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Akasiastraat 315, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Vanaf R2 640 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

UmnDeni Africa is 'n pragtige selfsorghuis op 'n Wildlife Estate in die mooi dorp Hoedspruit en dis 62 km vanaf die Krugerwildtuin se Orpenhek.

UmnDeni Africa Bush Villa 1 het slaapplek vir 4 gaste. Dit beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Albei en suite-badkamers het dubbelstorte, dubbelwasbak-eenhede en toilette.

Die hoofleefarea het 'n kombuis wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n plonspoel, 'n buite-etenstafel en 'n ingeboude braai.

UmnDeni Africa Bush Villa 2 het plek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamers het elk 'n toilet, stort en 'n wasbak. Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, yskas, ketel en 'n broodrooster toegerus, en lei na 'n sitarea met 'n TV. Die sitarea lei weer na 'n onderdakstoep met sitplek, 'n braai en daar is 'n swembad.

Die landgoed is veilig sodat gaste kan wandel, fietsry en perdry en is die tuiste van kameelperde, waterbokke, koedoes, impalas, vlakvarke, blouwildebeeste en luiperds.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.8
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Jeandra Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Akasiastraat 315, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink UmnDeni Africa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 640
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 2 640
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Akasiastraat 315, Hoedspruit Wildlife Estate, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa935ababaf19a602a149d3e0fb05a3020a1528c4fd14d89c2481fe4f21b24f5c89a8f476e375906702bcac51a0d0f6d9fec6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 640 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 315 Akasia Street Hoedspruit Wildlife Estate 1380 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.34635 30.97285

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang