Umoja Kruger - Wildlife Without Fences
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 30 - 31, Silonque Natuurreservaat, Phalaborwa, 1390, Limpopo
- Vanaf R3 200 per nag, vir 6 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Umoja Kruger - Wildlife Without Fences is 'n luukse bosvilla vir 6 gaste met 'n plonspoel. Dit is in 'n natuurreservaat waar diere vrylik rondloop. Dié natuurreservaat grens aan die Krugerwildtuin. Dit is 'n voëlkykparadys met meer as 90 spesies in die tuin.
Die villa het 3 ruim slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer wat 'n bad, stort en dubbelwasbak het. Alle beddens het muskietnette en elke kamer het 'n waaier, lugversorging en deure wat na die stoep lei. Die stoep strek reg rondom die huis en het sitplek.
Die villa se oopplan-kombuis is met 'n groot, Amerikaanse yskas, 'n gasstoof met 5 plate, 'n oond, mikrogolf en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die moderne leefarea het 'n mooi bos-uitsig, 'n groot LCD-TV met DStv, gratis WiFi, speletjies en 'n klein biblioteek.
Die plonspoel en stoep het 'n mooi bosveld-uitsig en daar is nog 'n swembad op die landgoed. Die groot tuin verseker privaatheid en lok allerhande wild soos vlakvarke, impalas en soms olifante, luiperds en hiënas.
Parkeerplek vir 2 voertuie is beskikbaar. Daar is 'n rugsteun-batterysisteem in plek vir beurtkrag.
Wasgoedgeriewe kan op versoek teen 'n ekstra fooi gereël word. Linne, handdoeke, hotel-toiletware en basiese spesery word voorsien. Die huis het 'n alarmstelsel.
Aktiwiteite sluit in 'n Krugerwildtuin-safari, 'n boot-safari wat peuselhappies kan insluit, 'n bosbraai of 'n stappie in die Kruger.
Phalaborwa, wat bekend staan as die sentrale hek van die Krugerwildtuin, is die perfekte safari-wegbreek in Limpopo. Phalaborwa is 'n middelpunt van wildtoerisme en is die ideale basis om die Krugerwildtuin en die magdom natuurlike, geskiedkundige en kulturele besienswaardighede in die omgewing te verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Chantal Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Erfdeel 30 - 31, Silonque Natuurreservaat, Phalaborwa, 1390, Limpopo
- Gaste dink Umoja Kruger - Wildlife Without Fences het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Phalaborwa Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 30 - 31, Silonque Natuurreservaat, Phalaborwa, 1390, Limpopo
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang