UmSisi House
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Portion 38 Farm Peebles 31JU, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Vanaf R22 098 per nag, vir 6 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
umSisi House lê op 60 hektaar ongerepte bosveld in die Jock of the Bushveld-bewaringsgebied in die Feebles-vallei tussen Witrivier en Hazyview. Dit bied uitstekende toegang tot die suidelike deel van die Krugerwildtuin via die Paul Kruger-hek (40 minute se ry ver), Phabeni-hek (30 minute ver) en Numbi-hek (20 minute se ry ver).
Dié huis maak net voorsiening vir privaat groepe van 4 tot 6 gaste. Daar is verskeie verblyfopsies te kies en te keur. Gaste kan aandete, B&B0-verblyf of 'n pakket wat alles insluit kies. umSisi House het 3 en suite-slaapkamers en 'n aparte kothuis met 2 slaapkamers en 'n gedeelde badkamer met 'n stort. Ander geriewe sluit 'n onderdak-stoep met 'n onthaalarea en 'n braaiplek in. Daar is ook 'n kaggel in die sitkamer, 'n Jacuzzi in die rotstuin en 'n TV-kamer en 'n biblioteek. WiFi is beskikbaar.
Gedurende beurtkrag doen die bestuurder alles moontlik om die krag aan te hou. Die huis het 'n gasoond, -stoof en -ketel, ingeboude braaigeriewe, sonkrag-geisers vir warm water en 'n rugsteunkragstelsel met batterye en 'n omsetter wat die huis deur fase 4 beurtkrag kan dra met ligte, WiFi, DStv en alle kragproppe wat sal werk indien dit oordeelkundig gebruik word.
Aktiwiteite in die omgewing, soos wildritte, kan bespreek word. Alle maaltye word vooruit saam met gaste beplan sodat elke maaltyd 'n hoogtepunt is. umSisi verwelkom kinders van alle ouderdomme.
Dié huis bied Krugerwildtuin-verblyf op sy beste en gaste sal Suid-Afrika, sy mense, diere en plekke eerstehands ervaar. Dis perfek vir 'n groep vriende of familie wat Suid-Afrika se Laeveld en die Panorama-roete kom verken. Hier is ook tientalle doendinge in die omgewing.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Jacuzzi
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Portier
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Wynkelder
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Frans
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Amanda Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 27
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Portion 38 Farm Peebles 31JU, Witrivier, 1240, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Portion 38 Farm Peebles 31JU, Witrivier, 1240, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang