Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Umzimkulu River Lodge

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 33 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Colefordweg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Umzimkulu River Lodge bied selfsorgverblyf op een van die skilderagtigste oewers van die Umzimkulurivier in die Suidelike Drakensberge. Dit is 203 km vanaf Durban en 577 km vanaf Johannesburg, aan die voorheuwels van die Ukhahlamba Drakensberg Park Wêrelderfenisgebied geleë.

Verblyf word in die Giant Cabin met slaapplek vir 12 gaste, The Bower-wittebroodsuite, 4 kothuise en 2 eenhede wat elkeen slaapplek vir 2 gaste het gebied. Al die eenhede is vir selfsorg toegerus en net 'n paar meter van die rivieroewer af en verseker uitstekende uitsigte. Al die eenhede het kaggels en braaigeriewe.

Die Mangrove-kothuis, Woodland-kothuis, Giant Cabin en Pied Eenheid B is troeteldiervriendelik.

Wittebroodpaartjies is mal oor die privaatheid van die luukse suite en privaat dek, en hengelaars is mal oor die onvergelykbare geleenthede om reënboogforel langs die 2,5 km lange rivieroewer te vang.

Die eenhede word daagliks in die oggende skoongemaak, behalwe Saterdae en Sondae. Indien gaste addisionele bystand nodig het, kan 'n huishoudster teen ekstra koste in die middae gereël word.

Aktiwiteite en geriewe in die area sluit visvang (forel in die rivier en baars in die dammetjie), voetslaan, voëlkyk, swem, bootvaar, tjoepry en perdry in, en daar is 'n klimraam en 'n trampolien.

Die rustige oord is net 22 km van Underberg af en bied die perfekte ligging vir 'n wegbreek buite die stad. Hiér kan gaste ontspan en na die rivier en natuur luister, of 'n aktiwiteit saam met die gesin aandurf.

Gesinne is mal oor die ouwêreldse, plattelandse atmosfeer waar hulle bedags onder die enorme eikebome langs die rivier piekniek hou, oor rotse in Thrombosis Gorge klouter, of net met die bote op die water baljaar.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Sekretariële Geriewe
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Janet H
Saam met lewensmaat
5.0
We loved the cottage with a fireplace, lovely big bath and walking along the river. Peaceful, relaxing in a perfect location.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Damian B
Saam met lewensmaat
5.0
Always so wonderful visiting with our pups. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Dani C
5.0
Lovely stay. Lovely! The cottage was beautifully kept, clean and had everything you need for a fantastic stay. The lodge grounds are st...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Jaco V
Saam met lewensmaat
5.0
Food for the soul. Umzimkulu River Lodge is a wonderful place to relax and enjoy nature with its beautiful surroundings and excellent a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023
Jean E
Saam met vriende
5.0
Our hostess was a gem, lovely place, friendly people. Lynne was an absolute gem, coming to our aid when we required ice, she made sure ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Lynne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Colefordweg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Umzimkulu River Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 33 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Colefordweg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA60f75ce5e425b4b545a81208f9596b82758283b237fb466d8f6b161684faa3e7aeab959064a9f0edc0832307a685863b1272?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 34 5 1 5 Coleford Road Underberg 3257 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.885046 29.581772

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang