Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Under Milkwood Cottage

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kadiestraat 12, Hessequa, Witsand, 7349, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 950 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Under Milkwood Cottage bied 'n uitsig oor die Breederivier en word omring deur inheemse melkhoutbome. Die knus klip- en grasdakkothuis bied die ideale kusvakansie in Witsand. Dit is perfek vir 'n groep vriende aangesien slegs 'n duin die kothuis van die strand skei. Dit is ook naby die Witsand Natuurreservaat.

Die dubbelverdieping-eenheid bied slaapplek aan maksimum 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ook op die onderste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort. Daar is 2 addisionele suites en gaste kry toegang tot hierdie suites van buite af. Elkeen van hierdie suites het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die oopplan-leefarea is op die boonste verdieping en beskik oor hoë plafonne en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieksas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus is. Die knus sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV waar gaste hul eie stroomrekeninge kan gebruik. Gedurende beurtkrag word die TV en gratis WiFi aan 'n ononderbroke kragtoevoerstelsel gekoppel sodat gaste vermaak sal hê tydens kragonderbrekings.

Die huis het 'n binnebraai-area met nog 'n etenstafel en dit lei na 'n ruim houtdek met buitesitplek. Gaste kan al langs die rivier af stap tot by die openbare jetty waar gaste kan visvang of 'n boot lanseer op 'n mooi dag.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 4 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Anet Geverifieer

Eiendomme 10

Resensies 18

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Kadiestraat 12, Hessequa, Witsand, 7349, Wes-Kaap
  • Gaste dink Under Milkwood Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 950
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 2 950
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kadiestraat 12, Hessequa, Witsand, 7349, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6def763c96b85e531f3d3a122b04ef45d53ab079af90a100e487082467c7cd40f7f2ec879231e1cb2193471336dedf6ff886?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 950 per nag, vir 8 mense 10 5 1 5 12 Kadie Street Hessequa 7349 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.396782611455 20.833801031113

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011