Underhill Farm
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas E34 Van der Stelpas, Villiersdorp, Vyeboom, 7171, Wes-Kaap
- Vanaf R980 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Underhill Farm is 'n 100% opgeknapte eko-vriendelike en troeteldiervriendelike gasteplaas wat in die Overberg op die oewer van die Botrivier geleë is. Dis minder as 100 km vanaf Kaapstad wat dit 'n ideale midweek- of naweekwegbreekbestemming maak. Die plaas gebruik sonkrag, die kothuise is gebou van herwonne en volhoubare materiale en versigtig geposisioneer om te verseker elkeen het sy eie unieke uitsig, fasiliteite, landskap en privaatheid.
Die verblyf bestaan uit 4 kothuise op die plaas; Rivendell Cottage, Hobbit Hollow, Oak Cottage and the Earthship.
Rivendell Cottage, wat op die rand van die Twaalfontein-stroom geleë is, het twee slaapareas en een badkamer, met 'n koninggrootte-bed in die eerste area en 'n dubbel- en enkelbed in die tweede. Die stoep het 'n omheinde braai-area met oorgenoeg sitplek en 'n pizza-oond. Daar is 'n borrelbad en plonspoel en trappe af na 'n privaat vuurput wat tussen die populierwoud en langs die stroom geleë is.
Hobbit Hollow is aan die oorkant van die plaas geleë op die oewer van die rivier. Dit het 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, 1 badkamer en 'n volledig toegeruste kombuis. Daar is 'n braai-area buite die sitkamer wat oor die Botriviervallei uitkyk. Daar is 'n borrelbad in die tuin.
Oak Cottage bied slaapplek aan 2 gaste en is toegerus met 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer met 'n stort, asook 'n buitebadkamer met 'n bad en stort. Daar is 'n binnebraai-area sowel as 'n buite-vuurput, 'n binnenshuise sitarea en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolf en gasstoof. Daar is nie 'n oond nie.
Die Earhship is die mees privaat kothuis in die hoek van die plaas. Dit het 'n natuurlike swembad, borrelbad en vuurmaakplek langs die stroompie. Die onderdakstoep het 'n braai- en pizza-oond en 'n groot etenstafel met stoele. Daar is 'n groot sitkamer en kombuisarea met 'n toebrandkaggel. Daar is drie en suite-slaapkamers.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Julian Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 50
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Plaas E34 Van der Stelpas, Villiersdorp, Vyeboom, 7171, Wes-Kaap
- Gaste dink Underhill Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Villiersdorp Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas E34 Van der Stelpas, Villiersdorp, Vyeboom, 7171, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang