Underhill Farm
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas E34 Van der Stelpas, Villiersdorp, Vyeboom, 7171, Wes-Kaap
- Vanaf R980 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Underhill Farm is 'n eko- en troeteldiervriendelike gasteplaas in die Overberge op die oewer van die Botrivier. Dit is minder as 100 km vanaf Kaapstad en is dus perfek vir 'n naweekwegbreek. Die plaas maak gebruik van sonkrag gebruik en die kothuise is van herwinde en hernubare materiaal gebou. Die kothuise is so geleë dat elkeen ’n unieke uitsig, geriewe, landskap en privaatheid het.
Die verblyf bestaan uit 4 kothuise op die plaas; Rivendell Cottage, Hobbit Hollow, Oak Cottage en Earthship.
Rivendell Cottage, wat op die rand van die Twaalfontein-stroom geleë is, het 2 slaapareas en 1 badkamer. Die eerste area het 'n koninggrootte-bed en daar is 'n dubbel- en enkelbed in die tweede slaaparea. Die stoep het 'n omheinde braai-area met oorgenoeg sitplek en 'n pizza-oond. Daar is 'n borrelbad en plonspoel en trappe af na 'n privaat vuurput tussen die populierwoud en langs die stroompie.
Hobbit Hollow is aan die oorkant van die plaas geleë op die oewer van die rivier. Dit het 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, 1 badkamer en 'n volledig toegeruste kombuis. Daar is 'n braai-area buite die sitkamer wat uitkyk oor die Botriviervallei. Die is 'n borrelbad in die tuin.
Oak Cottage het slaapplek vir 2 gaste en is toegerus met 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer met 'n stort, asook 'n buitebadkamer met bad en stort. Daar is 'n binnebraai-area sowel as 'n kaggel buite, binne-sitarea en 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolf en gasstoof. Daar is nie 'n oond nie.
Die Earhship is die mees privaat kothuis in die hoek van die plaas. Dit het 'n natuurlike swembad, borrelbad en vuurmaakplek langs die stroompie. Die onderdakstoep het 'n braai- en pizza-oond en 'n groot etenstafel met stoele. Daar is 'n groot sitkamer en kombuisarea met 'n geslote kaggel. Daar is drie en suite-slaapkamers.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Julian Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 51
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Plaas E34 Van der Stelpas, Villiersdorp, Vyeboom, 7171, Wes-Kaap
- Gaste dink Underhill Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Villiersdorp Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas E34 Van der Stelpas, Villiersdorp, Vyeboom, 7171, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang