Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Unionview Guest house

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 18 Jan 2024 tot 19 Jan 2025.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Middelbergstraat 271, Muckleneuk, Pretoria, 0001, Gauteng
  • Vanaf R690 R518 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Unionview Guest house is aan die bopunt van Pretoria, aan die einde van 'n stil doodloopstraat, met 'n uitsig oor die Uniegeboue, geleë. Ons bied sakpasverblyf met 'n sentrale ligging en asemrowende uitsigte en die gastehuis is uiters gerieflik vir sakereisigers en toeriste.

Ons is na aan UNISA, SABS en die Zuid-Afrikaanse, Jakaranda- en Little Company of Mary-hospitale geleë. Die Universiteit van Pretoria, verskeie ambassades en die Brooklyn Winkelsentrum is ook net om die draai.

Elke en suite-kamer het 2 driekwartbeddens, 'n TV, mikrogolfoond en 'n yskassie met 'n deur wat lei na die groot veranda en 'n beeldskone uitsig oor die stad bied. Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Ons bied ook 1 uur se gratis WiFi aan elke gas. Die tarief sluit ontbyt uit, maar ons bied die opsie van 'n Koninentale ontbyt. Daar is ook 'n verskeidenheid restaurante in die omgewing en 'n wegneemete-afleweringsdiens is beskikbaar.

Die kothuis is 'n aparte tuinwoonstel met 'n dubeblbed, 'n selfsorg-kombuis en 'n badkamer. Die kothuis het 'n lieflike buite-area met 'n boma waar jy kan braai. Dié eenheid is geskik vir langer verblyftydperke.

Aangesien die eiendom op 'n heuwel gebou is, is daar 'n paar trappe na elk van die kamers toe.

Die Uniegebou wat in 1912 gebou is om die regering re huisves, is 3 km van ons af en is nou die tuiste van die presidensiële kantore. Die gebou is nie oop vir die publiek nie, maar die tuine is pragtig en bied 'n uitstekende uitsig oor die stad. Ons is sowat 6,5 km van die Voortrekker Monument af.

Vryheidspark op Salvokop het onlangs vir die publiek oopgemaak. Dit is omtrent 4 km weg en definitief die besoek werd.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 84 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Vidette M
5.0
Alles wat jy nodig het vir 'n vinnige oorslaap. Baie gerieflik, netjies en skoon.
Sep 2024
Elsabe N
Saam met lewensmaat
5.0
Sal definitief weer gaan kuier. Baie lekker gekuier. Dit was net wat ons nodig gehad het.
Sep 2024
Thea D
5.0
Gasvrou was baie vriendelik en behulpsaam. Xtra moeite gedoen - waardeer dit! Gerieflik en ligging perfek!
Sep 2024
Marelize D
5.0
Gerieflik en netjies. Nodige reelings en aanwysings is vooraf deurgegee.
Mei 2024
Albertus Wynand M
Saam met lewensmaat
5.0
Gasheer het uit haar pad gegaan om ons welkom te laat voel. Baie lekker gebly en sal die verblyf definitief aanbeveel. Waarde vir geld, ligging uitste...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Suzette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 84

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Middelbergstraat 271, Muckleneuk, Pretoria, 0001, Gauteng
  • Gaste dink Unionview Guest house het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R690
R690 R518
per nag, vir 2 mense
Vanaf R690
R690 R518
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Middelbergstraat 271, Muckleneuk, Pretoria, 0001, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6dvGXRuhpEEVhVI6lUwTwh3u9ljGV50TTKFpADqU1sLw9xRr7J?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R690 nouVanaf R518 per nag, vir 2 mense 84 5 1 5 271 Middelberg Street Muckleneuk 0001 Gauteng 021 201 8901 13:00-19:00 12:00 -25.76289 28.210824

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang