Unit 534 Ballito Hills
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 24 Jan 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hills-laan 1, Eenheid 534, Ballito Hills, Ballito, 4339, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 400R1 260 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Unit 534 Ballito Hills is 'n kontemporêre selfsorgwoonstel in die veilige Ballito Hills-kompleks in Ballito. Dit is ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers.
Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en plafonwaaiers. Die eerste slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien-tuimeldroër toegerus is. Die aangrensende eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitarea langsaan het 'n rusbank, TV met DStv-kanale en gratis WiFi.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met draagbare braaigeriewe. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel en 'n leefstylsentrum, wat 'n spa, gimnasium, swembaddens, 'n wassery, restaurant, Padel-baan en 24 uur-sekuriteit insluit. Die kompleks is sentraal geleë en net 'n entjie se ry vanaf die strand.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Celeste Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 6 maande
Ligging
- Hills-laan 1, Eenheid 534, Ballito Hills, Ballito, 4339, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Unit 534 Ballito Hills het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dolfynkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hills-laan 1, Eenheid 534, Ballito Hills, Ballito, 4339, KwaZulu-Natal