Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Unit 70 Vista Bonita

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kus-boulevard Oos, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Unit 70 Vista Bonita is 'n volledig gemeubileerde en toegeruste selfsorgwoonstel wat op die 11de verdieping in die veilige Vista Bonita-kompleks geleë is in die hartjie van Mosselbaai op Diaz-strand. Bederf jouself met 'n luukse vakansie terwyl jy 'n hanetreetjie van die strand af bly.

Dié glansryke woonstel het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea, asook 'n toegeboude balkon. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed opgemaak met kraakvars wit linne, en 'n en suite-stort met 'n toilet en 'n wasbak. 'n Haardroër, waaiers en verwarmers word voorsien. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat opgemaak is met kraakvars wit linne. Die tweede gesinsbadkamer het 'n groot hoekbad, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n dubbeldeur-yskas, 'n skottelgoedwasser, 'n mikrogolfoond, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in. Die TV-sitkamer het 'n 48-duim-LED-TV met volledige DStv en 'n slimboks waar gaste Netflix en Showmax kan kyk.

Die balkon beskik oor 'n tweede sitarea met grasgeweefde dagbeddens, 'n etenstafel en banke, en braaigeriewe. Die balkon is omring met glasdeure wat jou toelaat om te vermaak deur alle weerstoestande en kyk reg op die see uit.

Vista Bonita bied 'n gemeenskaplike braai-area. 1 onderdak parkeergarage word voorsien.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Stort, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Louise B
Saam met vriende
5.0
Als perfek. Sien sterre.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2023
Albrie R
Gesin met klein kinders
5.0
Baie gerieflik en Zettie was baie behulpsaam. Sal beslis die eenheid aanbeveel en sal enige tyd weer van die diens gebruik maak.
Sep 2023
Nico(niekie) V
5.0
Heerlik gekuier, dankie. Het regtig baie lekker gekuier en die akkommodasie was baie goed gewees, dankie.
Jun 2023
Albrie R
Gesin met klein kinders
5.0
Die blyplek was perfek, goed ingerig en baie netjies. Sal beslis die eenheid aanbeveel. Die eenheid is baie netjies, goed geleë en is baie gerieflik t...
Sien meer
Mei 2023
Zelda R
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely wonderful. Great value for money. A true home away from home experience! Ideally located with a great view. The apartment is...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Tracy Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 87

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Kus-boulevard Oos, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Unit 70 Vista Bonita het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kus-boulevard Oos, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfe5566eef37428a3bf2814eed96aa5c7c91ea4bcae2fd90bc02eefd13257a638898b12575e24243b0b9b37ee82e3c1b74e69?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4) 52 5 1 5 Beach Boulevard East Diaz Beach 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.15866 22.108669

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang